‘n Voorloper van die blog Bo-Karoo, en ons verblyf in Vanwyksvlei, was ons 9 maande sabbatstyd in die Kalahari en die Boesmanland.
Om ons familie en vriende op hoogte te bring van die verloop van ons lewe tydens daardie tyd, het ek elke week die gebeure en belewenisse wat ons deurgemaak het, per e-pos aan almal uitgestuur.
Na aanleiding van hierdie hope e-posse, is die suggestie by my gelaat om hierdie ervarings eerder te blog. So het Bo-Karoo inderhaas ontstaan met ons skuif Vanwyksvlei toe.
Al daardie sabbatsbriewe is gereed om, soos met Stories Uit die Bo-Karoo, te boek gestel te word. Hierdie keer doen ek dit egter nie om een of ander hulpfonds daarmee op te bou nie. Hierdie keer doen ek dit as ‘n tasbare, toeganklike nalatenskap vir familie en vriende wat daarin sou belang stel.
Help my asseblief om te besluit hoeveel kopieë om te laat druk deur net vir my te laat weet as jy sou belang stel in ‘n kopie. Die koste per kopie, posgeld ingesluit, behoort in die koers van R150 te wees vir ‘n boek met nagenoeg 182 bladsye met kleurfoto’s ingesluit.
Jy kan op fb reageer, of my persoonlik laat weet by leonettesmit@hotmail.com
Hou jouself veilig agter die grendel van lap, sanitizer of afsondering.
Wederom, totdat ons weer mag ontmoet.
Hello Leonette, ankie vir die e-pos. Ja ek stel belang in n getekende kopie. Net ter inligting ek het nog 5(vyf) boeke by my wat nie verkoop is nie. Groete en seen vir julle. Johan Bauer
LikeLike