Erfenisrap

Ekke like mos my land

met sy social grant.

Ekke like ook my taal

en ons vlag aan sy paal.

Ekke like hierdie plek

al is hie’ min werk.

 

Ekke like mos die riel

tot in myse siel.

Ek like onse skooisels

en ons koppe se tooisels.

 

Ek like shwê-shwê rokke

en daai fancy dread-lokke.

 

 

Ek like van ‘n braai

met pap en ‘n slaai.

Wat ek nog daarby soek

is ‘n nice roosterkoek.

Dan like ek my dop

met of sonder skop.

 

Ek like kwaito en kwêla

en my dish is pasella.

My entire heritage

like ek somme’ very much.

Hier’ie dag is so great!

Dis waa’om ek celebrate.

 

Die meetsnoere het mooi geval

oor velde, berg en dal.

My erfenis is vir my baie mooi;

so stop ‘ie gerommelstrooi.

Spaar seblief water en spaar krag

vi’ onse kinders se oudag.

 

 

Want wa’ skyn die son nog helderer?

Wa’ is die winters nog vellerer?

Wa’ hang die maan meer silwerder,

om ‘n land snags mooier te skilderer?

Wa’ kry mens diere nog mooierer?

Of blomme, beterder getooierer?

 

Wa’ is die water nog beter?

Of krag uit ‘n prepaid meter?

Wa’ bly soveel verskillende mense

nog sonder oordeel of grense?

Wa’s da’ ‘n beter constitution

wat almal beskerm teen confusion?

 

Seblief meneer Pravin Gordan,

maak tog gou-gou ‘n plan.

Red ons land van rommelstatus

voorlat dit dalkies te laat is.

Moody lat hulle ons afgradeer ‘ie.

Anders kan niemand gratis meer leer ‘ie!

Advertisements

Oumangoudbos

l1120738

Daar word gesê dat daar ‘n pot goud aan die einde van die reënboog is. Die bekendste pot goud wat met die huisie oorkant ons s’n in Vanwyksvlei geassosieer word, is die winkeltjie wat Arthur Alston in sy lewe hier bedryf het. As die enigste winkel op die dorp, kan ek dink dat dit ‘n goudmyn moes wees.

 

Meeste van Vanwyksvlei se mense wat hier groot geraak het, onthou nog die winkeltjie. Die reuk van die winkeltjie. Die holgetrapte drempel. Die glasflesse vol los lekkergoed. Hotnotsklontjies. Suurklontjies. Nigger balls. Toffies. Sagte oranje appelkosies met ‘n effense rooi wang. Borssuiker aan ‘n toutjie. Plat wit, pienk, geel, blou en groen lekkers in die vorm van ‘n wolkie of ‘n hartjie met liefdesboodskappe daarop …

Daar lê stapels en stapels lap. Bont gekleurde Sungleam wat jou hande laat jeuk om ‘n spogvoorskoot of ‘n kappie mee te maak. Styf gepap. Stapeltjies en stapeltjies. Presies ewe groot opgevou.

Daar is skoenveters, fietspompe, rooi stoeppolitoer, paraffien wat uit ‘n drom gepomp word. Daar is grondboontjies, nog in die dop, in ‘n erdeskottel, wat met ‘n blikbeker uitgemeet word. Hoenderkos in ‘n streepsak. Houtkissie vol glas koeldrankbotteltjies – Hubbly Bubbly en Canada Dry. Daar is 3-in-1 olie in klein blikkies en lewensessens in bruin geriffelde, glasbotteltjies; verseel met kurkproppe. Daar is meel en vislyn. Eiers en haakspelde. Wol en knipmesse. Stene blouseep en sambokke. Sinkbaddens en vlieëplakke. Patch-and-solution en enemelware. Als uitgestal in ‘n glaskas onder ‘n toonbank, te hoog vir ‘n kind om bo-oor te kan sien.

Daar word gesê dat winkelier Alston die oumansoutbossaad (Artiplex nummuralia) vanaf Australië die land inbring in 1889. Glo laat toets in die Kaap as droogtebestande plant. Die eerste oumansoutbosplantjies juis hier oorkant die straat kom inplant.

l1160707

Die Alstons is alombekende mense in Vanwyksvlei. Garwood is die landmeter wat die Vanwyksvleidam uitmeet, laat bou en voltooi in 1884. Herbert, een van sy nege kinders, begin die winkel oorkant die straat. Hy is in 1944 oorlede. Sy een seun, Arthur, sit die winkel voort. Dan kan dit net Herbert wees wat die soutbos die land ingebring het.

Elke erfie op die dorp het êrens ‘n oumansoutbosheininkie. Die plant groei welig in hierdie droë dele van die land. Ons sien dit tot diep in die Kalahari en al langs die pad noorde en ooste toe, tot anderkant Bloemhof. Suide toe ook.  Seker nou reeds die hele land vol. Dit is ‘n kategorie 2 indringerplant en groei al lang rivierbeddings, omsoom gatdamme en floreer kunslangs teen die duine. Hierlangs word die oumansoutbos as voer gebruik. As daar niks meer kos in die veld is nie, is daar nog oumansoutbos wat maklik in brak grond oorleef. Die blare is regtig souterig. As jy daaroor streel en jou vingers aflek, proe jy die sout. Blykbaar klam vog in die lug op die soutbos aan en verkry die plant so sy water uit die lug.

Ek wonder wat sou Herbert Alston vandag sê as hy moet sien hoe die soutbos oorgeneem het. Watter groot dividende daardie paar saadjies wat uit Australië gesmokkel is, opgelewer het. Nie eens die winkeltjie oorkant die straat kon soveel oplewer tydens sy bestaan van twee geslagte Alstons nie.

Sou die oumansoutbos tog die pot goud aan die einde van hierdie reënboog kon wees?

l1160704

Familiereunie

Prinloo foto 2 001

Tom en Sophie Prinsloo, met Sophie se broer, Dries Schutte

 

In 1923 trou Thomas Bingle Prinsloo met Sophie Wilhelmina Schutte. Hulle vestig hulle op ‘n plaas naby Sannieshof. Agt kinders word uit die huwelik gebore.

Prinsloo foto 3 001

Die Prinsloo’s, Cilie, Antoon, Lena, Driesie, Sophie, Pa Tom, Ma Sophie, Chrissie, Bingle en Jannie

 

Tom Prinsloo bou die ou familie-opstal met klippe wat hy self gaan kap en met ‘n donkiekar aanry plaas toe. Rietkolk word die Prinsloofamilie se kuierplek. Ons almal se hartsplek.

Prinsloo foto 7 001

Oupa Tom en Ouma Sophie op Rietkolk

 

 

Oor Rietkolk word geskryf en geskilder. Gedig en gedroom.

En ‘n rede gevind om ‘n reunie te hou te Buffelspoort die afgelope naweek.

L1160405

Minder as ‘n eeu en vyf geslagte later kan daar vandag presies 200 name aan hierdie twee mense gekoppel word – aangetroud en ingebore (die 200ste familielid word DV in Desember gebore).

Uit die aard van die saak is daar meer as een Thomas, meer as een Bingle, meer as een Sophia en meer as een Wilhelmina met vele verbuigings daarvan. En natuurlik baie ander name wat van geslag na geslag oorgedra word. Wat ‘n nalatenskap! Vir diegene wat belangstel, hier is hulle almal:

PRINSLOOFAMILIE

Wilma, Welma en Wilmien

Marja, Martin en Marlien

Sophie, Cilie en Somien

Kobus, Keagen en Katrien

Neels en Nina

Leo en Lena

Frits en Phia

Martin en Mea

Chrissie, Chrisna en Christine

Erika, Edna en Elmien

Wimpie, Wilma en Willemien

Candy, Christiaan en Karien

Henré en Hendru

Wilna en Wilco

Jan en Jaco

Leopold en Marco

Thomas, Tommie en Truida

Franlie, Fritsie en Frieda

Bingle, Boeta en Beulah

Carli, Cara en Carla

Rickus en Rika

Tom-Tom en Talita

Tom en Tommie

Martine en Marli

Gerhard, Gerard en Gera

Andries, Almari en Alta

Johan, Jané en Joshua

Mieke, Maryke en Monica

Louis en Leon

Du Preez en Deon

Leopold en Leon

JanLouis en Leo

Megan, Mienke en Marina

Jannes, Jaco en Juanita

Naomi, Nerine en Nelia

Alrich, Annalien en  Alida

Rudo en Ricus

Irma en Ignis

Louis en Louise

Dirk en Driesie

Abri, André en Anika

Liezl, Linden en Linda

Mariselle, Mandie en Mia

Emile, Esli en Elza

Ruald en Ruvan

Daleen en Déhan

Wiam en Wihan

Jaco en Johan

Jannie,  Janie en Johan

Stephan, Silke en Susan

Annemarie, Antoon en Adriaan

Karin, Chrissie en Christiaan

Schutte en Sophie

Frans en Fritsie

Jane en Johnnie

Wouter en Valerie

Azelle, Antonie en Annatjie

Hennie, Hannelie en Hannetjie

Marisa, Martin en Marli

George, Jonathan en Johnnie

Kleinjan en Janie

Wynand en Willie

Karlien en Christiaan

Jadon en Jason

Mariana, Mariëtte en Madelaine

Lucas, Leany en Liane

Simoné, Smirre en Smittie

Dan nog WS en RW en JP

Pieter en Phillip

Wouter en Willem

Ignatius en Abri

Bingle en Babie

Johan, Jonada en Johann

Robert, Ruben en Ryk

Frans, Frits en Frik

Hardus, Heziki en Heinrich

Gideon en Leonette

Grete en Lizette

Iné en Issabel

en ten laaste, Zoe en Yselle