Tyd vir die wêreldeinde

 

As kinders het ons altyd in ons massas saamgespeel; die Ferreira’s, die Pieterses, die Potgieters, die Vogese, Riaan Schoombee, Antjies van Rensburg.

Sodra ons speletjie op sy lekkerste was, kom Mariëtte, my ouer sussie met: “Dis tyd dat die wêreld moet vergaan!!” Daarmee breek sy die magic van ons speletjie en ons almal haat haar met ‘n passie.

 

Op die aand van die wederkoms is daar in Vanwyksvlei:

* 1132 mense onder die invloed van alkohol besig om te vloek en te skel,

*603 mense besig om te eet voor Sewende Laan (nie die winkeltjie, die sepie),

* 434 jong mense besig om te kuier met luide musiek, drankies en onbeperkte gelag,

l1160224

*310 kinders besig om buite te speel,

 

* 202 oumense besig om reg te maak vir die bed,

l1140116

*172 mense besig om Karoo skaapvlies te braai,

20161007_165238

*85 mense besig om binneshuis RSG te luister,

*43 mense besig om buite na die sterre te sit en kyk,

 

*18 mense besig om ‘n boek te lees en

*1 mens besig om te blog

Advertisements

‘n Hartseer feesmaand

p1390632

Ses hopies vars grond in Vanwyksvlei se begraafplaas vertel hartseer verhale van verlies. Wat ‘n maand van vakansie en feestelikheid saam met familie moes wees, is ‘n smartvolle tyd van verdriet en rou. Veral vir die Slambeefamilies.

‘n Boetie van 6 jaar en sy sussie van 2 maande, deel ‘n graffie nadat albei in ‘n motorongeluk sterf. Hulle pappa, wat die motor met 10 insittendes bestuur terwyl hy onder die invloed is, oorleef die ongeluk. Hulle mamma, ook ‘n insittende, herstel in Prieska se hospitaal na ‘n breinoperasie. Hulle niggie van 4 oorleef dieselfde ongeluk ook nie. Sy lê langs hulle begrawe.

Bet Tieties sterf met 49 somers agter haar naam. ‘n Borskwaal eis haar lewe op.

p1390630

Vir die Carstensfamilie vertel die hopie grond van hulle dogter se graf ‘n hartseer verhaal van twee kindertjies van 3 en 6 wat wees agtergelaat word nadat hulle dogter(28) na ‘n siekbed van 2 maande sterf.

‘n Jong man van 21, wat sy eie lewe neem, se hopie grond vertel van verbreekte verhoudings en liefdesmart. Hy het homself gehang.

Terwyl die heetige, droefgeestige westewinde oor die dorp waai, is daar families wat sukkel om opgewonde te raak oor die nuwejaar wat aanstons aanbreek. Hulle sal nie deel in die feestelikheid van vuurwerke wat afgeskiet word en toeters wat geblaas word nie.

Ek wonder, sal hulle vanaand iets spesiaal doen om die hartseer jaar te groet?

Sal hulle kan opgewonde raak as die wolke begin saampak?

Ek wonder …

p1390634