About

Hierdie blog van my gaan uit en uit oor die mense en die gebeure van Vanwyksvlei in die Noord-Kaap. Vanwyksvlei bestaan al vanaf 1884 maar sy voortbestaan, soos baie ander plattelandse dorpies, word bedreig. Tans is ons maar ‘n skrale 20 of so blankes in die dorp. Die woonbuurt vergroot egter baie vinnig – nuwelinge word gebore, plaaswerkers vanaf plase wat van eienaar verwissel, kom dorp toe maar werksgeleenthede neem drasties af. Daar is al meer as 3000 inwoners in die woonbuurt.

Ons beleef al vir die derde agtereenvolgende jaar droogte. Boere kry swaar. Water is min. Die gemeente, waarby Johan en ek betrokkke is, kwyn. Maar hier is die sterre binne grypafstand. Hier is vars lug vrylik en in oorvloed beskikbaar vir almal. Skaap word van die dorre veld af bemark en het net daardie ekstraspesiale Karoosmaak.

Ons is net tydelik in Vanwyksvlei omdat Johan alreeds verby aftree-ouderdom is. Dit is my vooreg om die lewe op hierdie klein plekkie te deel met almal wat graag daaarvan wil lees.

Leave a comment