Bederfbokse

Oor Boks-vir-‘n-Boervrou kan ‘n hele boek geskryf word. Daar doen soveel hartroerende stories die rondte van ongekende seën.

Volg hierdie boks saam met my vanaf Excelsior in die Vrystaat na Vanwyksvlei in die Noord-Kaap:

bokse2

Bokse opgestapel in Bloemfontein, gereed vir uitsending

Vooraf: Dis 3 weke gelede. Petro Swart bel uit Bloemfontein om my met my verjaarsdag geluk te wens. Sedert ons skuif na Potchefstroom vanauit Vanwyksvlei, is dit die eerste keer dat ons weer met mekaar praat en daar’s baie om te deel. So vertel ek vir haar van Stories uit die Bo-Karoo wat die lig gesien het. Petro bestel ‘n boek en ‘n week later is die boek by haar.

Intussen: Tilla en Jan kry ‘n skenking van kopmeel in Vanwyksvlei. In ‘n onbewaakte oomblik (Jan moes vir Christo Koortsen op ‘n buurplaas gaan hand gee met ‘n probleem) voer Jan-Kokkie, die plaashulp, Tilla se lammers te veel kopmeel – hulle eet dan so lekker.

Die gevolg: Op ‘n streep begin hulle vrek. Tilla is raadop. Vier jaar vantevore het ‘n veearts uit die Vrystaat haar wonderlik oor die foon gehelp toe sy ook ‘n klomp skaap aan suurpens verloor het. Maar die vrou se nommer is soos in WEG.

Terug in Bloemfontein: Petro wys Stories uit die Bo-Karoo vir haar vriendinne by die kwilt gilde en vertel van Vanwyksvlei – so afgesonder en ontoeganklik, droogtehulp kom nie sommer daar uit nie.

Die plan: Een van die kwiltvriendinne werk by ENOG, die sinodale maatskaplike diens in die Vrystaats. Al die bederfbokse word deur hulle gekanaliseer. Sy reël dat ‘n vrag bokse na Carnarvon, Loxton, Vosburg en Vanwyksvlei toe gaan.

Die roete: Die vrag word gelaai en vertrek Maandag oggend, 18 November om 4vm vanuit Bloemfontein na Carnarvon. Daar word dit in ontvangs geneem deur verteenwoordigers van elkeen van hierdie dorpe.

boks4

‘n Koerantberig oor die aflewering 

Die eindbestemming: Jan en Vasie ontvang Vanwyksvlei se vrag bokse met groot dank. Dit word afgelewer in Vanwyksvlei se kerksaal waar oorhandiging plaasvind

“Toe Tilla,” sê Rida, “moet nou nie so beskeie wees nie, vat nou vir jou ook ‘n boks.”

Tilla vat een van die honderde bokse wat uitgepak staan. Vertrek plaas toe. Maak die boks oop op die plaas. Bo-in is ‘n handgeborduurde skinkbordlappie. Ook ‘n selnommer.

Die ontdekking: ‘n Mens wat met haar hande ‘n lappie utgeborduur het, mag nie net ‘n whatsapp-boodskap vir ‘n dankie ontvang nie. Sy bel.

Deidré antwoord. Deidré, die einste vee-arts van Excelsior waarna Tilla al vir 2 weke so ernstig soek om haar te help met die vrektes onder haar lammers aan suurpens.

Wat is die kanse? Ek meen, tussen al die honderde en honderde pakkies wat konstant inkom en uitgaan, dat juis dáárdie boks by dáárdie bestemming sou uitkom?

As jy nog enigsins twyfel oor Wie in beheer is, Wie alles ten goede laat meewerk, Wie uitkoms bewerkstellig en Wie die droogte op die regte tyd gaan breek, dink net weer ‘n slag mooi.

Ons ken ‘n God van wonders. Verwag dan vandag ook joune van Hom.

13 comments

  1. elnabe · November 22, 2019

    Prys die Heer, want Hy is die ENIGSTE!!! Dit is ‘n hartroerende mooi verhaal Leonette.

    Like

    • Leonette Smit · November 22, 2019

      Is dit nie! Mens kan nie help om sulke stories te wil deel nie

      Like

      • Mariette van Velden · November 22, 2019

        Aaaah! Lekker gelees!

        Like

  2. Johann · November 22, 2019

    Foto is van bokse in Wellington-Noord se kerksaal.

    Like

  3. Riaan · November 22, 2019

    God works in is own way. Praise the Lord.

    Like

  4. Martha · November 23, 2019

    O Vader dank U dat ek ook die mooi storie kon lees ek sit verwonder en roep Jan Louis om te kom luister dis n pragtige verstommende mooi verhaal dankie dat jy dit gedeel het
    ! GOD IS GROOT EN GOD GEBRUIK JUL OM MENSE TE VERTEL HY SAL VIR JULLE SORG my trane rol oor my wange so mooi en sjoe Hy praat met ons

    Like

    • Leonette Smit · November 23, 2019

      Martha, ek was net so aangedaan toe Tilla dit vir my vertel. Toe moes ek eers uitvind hoe dit gekom het dat Bloemfontein bokse vir Vanwyksvlei gestuur het. Mens kan nie anders as om bewoë te raak nie as jy net weer besef God is en bly in beheer .

      Like

  5. ANNETJIE · November 23, 2019

    DANIELLE VAN DER MERWE , KLIPKRAAL, PHILLIPPOLIS EN SY MEDE BOERE OOK VUUR GEHAD OM HULLE VIR 3 DAE EN 3000 HEKTAAR GROND HET AFGEBRAND.
    LISE VAN DER MERWE LUSHOF, TUSSEN SPRINGFONTEIN EN GARIEPDAM ASOOK HULLE MEDEBOERE KRY OOK SWAAR SAL OOK SO BOKS WAARDEER. HULLE IS IN DIE SUID VRYSTAAT

    Like

  6. Juanita loubser · November 24, 2019

    Die foto is ons Wellington VLV se bokse in NG NOord kerk op Wellington waarvandaan bokse gestuur is. Ons het Van Wyksvlei toe gestuur met geleentheid. 0832649834 of volg ons facebook
    Boks vir n Boervrou Wellington VLV om op hoogte te bly van die projek.
    Dankie Johan 😊

    Like

  7. Mariette · November 28, 2019

    Sal graag raad met suurpens van tannie Tilla se veearts wil hê

    Like

    • Leonette Smit · November 29, 2019

      As jy my kontak by 082 584 4992 kan ek jou weer in kontak bring met Tilla. Sy wil graag help

      Like

Leave a comment