Nog is dit het einde niet

 

My laaste blog het ek 3 maande gelede geskryf. Gedog ek is klaar met Bo-Karoo. Maar daar gebeur toe ‘n opvolg wat meriete het om te vertel:

Na aanleiding van MCCI (MeerKAT Creative Community Initiative) se opleiding van kreatiewes om hulle ‘n podium te gee in die Noord-Kaap om te bemark, kruis my pad baie onverwags met ‘n program wat deur Impact Makers and Creators aangebied word. Kreatiewe sosiale entrepeneurs word ‘n geleentheid gebied om oor ‘n tydperk van 4 maande te leer wat hulle anders kan doen om hul onderneming te hupstoot om ‘n impak in die gemeenskap te maak. En die uwe word gekies om hierdie opleidingsprogram te volg.

Met die eerste module van 6 pas afgehandel, word ek teruggedwing na Bo-Karoo – hou vas, hier kom dit:

Meer as 900 aansoeke is ontvang vir die program wat vanjaar vir die eerste keer befonds word deur die Britse Konsulaat. En ek meen, volledig befonds word! In Kaapstad, sowel as in Johannesburg, word 4 kursusse rug-aan-rug aangebied. Die kursus wat ek bywoon gebeur by die Seed Academy in Rosebank.

Sessie 1 van dag 1 breek aan. Ons is ‘n groep van 22 studente met hierdie ou tannie ‘n seeroog tussen al die jong, energieke, bekwame, welsprekende jong mense waarvan net 1 ander lig gepigmenteerd is soos ek. Hulle is almal al lankal in besigheid. Meeste van hulle het al die geleentheid gehad om oorsee te reis met hulle ondernemings. Almal van hulle is tegnologies bekwaam en gebruik hulle selfone met vlietende vingers teen die spoed van witlig om inligting vanaf die internet te trek.

Die ysbreker- en ken-mekaar-sessie is iets heel anders. Ons lektor (uit die VK) is net so innoverend soos al die studente. Die vloer van die lokaal word as Suid-Afrika voorgestel. Die suidpunt eenkant. Limpopo die anderkant. Ons moet elkeen posisie op die landkaart inneem wat vir ons van groot betekenis is. Elkeen kry ‘n beurt om te sê wie jy is, en waarom die plek vir jou betekenis het. Ek neem posisie in die Karoo in, waar my hart steeds is. Enkeles staan in die Kaap of Durban of Mpumalanga, die res koek saam in Gauteng.

Dit is my beurt om te sê waarom ek in die Karoo is. En wil jy glo, daar is jou waarlik iemand wat weet waar Vanwyksvlei is. Sy kom daarvandaan en haar ouers woon steeds daar; Chantell Malgas.

Im&C1

Chantell sit ry  2, derde van regs. Ons aanbieder sit heel regs in  ry 3

Ek meen, wat is die kanse …

10 comments

  1. estaclaassen · June 24, 2019

    Ons mis jou BLOG! Verlang saam na die Karoo

    Like

  2. Leonette Smit · June 24, 2019

    Ek ook. Die Karoo word deel van ‘n mens se genetiese materiaal as jy eers daar gewoon het.

    Like

  3. Elna Bekker · June 24, 2019

    A!!! maar het jy vergeet? dan moet jy nou dadelik onthou… Jy dien nie jouself nie my vriendin, dit het ek van lankal af gesien. Gelukwense is aan die orde van die dag, want jy het jou lig laat skyn waar dit baie yl bevolk is, maar ook mense van ons volkie woon… Jy het seker vergeet hoe jy op ‘n stadium té LIG geskyn het, in die plek van lig bevind is, hoe jy gebruik is, om Lig en uitkoms te bring, aan die sy van die man wat HOOP gebring het, en óók, té helder gelig het…
    BRAVO jy dra ‘n Naam uit, soos jy altyd wou. Laat jou weë aan die Heer oor, Hy sal Sy vrugte bring, want daardie mense is ook vir Hom kosbaar, anders sou ons ook nie weet waar van Wyksvlei is nie…

    Liked by 1 person

    • Leonette Smit · June 25, 2019

      Eish, ek moes lankal met jou gepraat het vir die regte perspektief

      Like

  4. ESTELLE OLIVIER · June 24, 2019

    Jong is ek verlig dat jy darem nog nie van die Karoo vergeet het nie. Sjoe net vandag gedink dat jy eintlik die hele ding hier begin het. Bly daar het n nuwe deur vir jou oopgegaan. Jy verdien dit. Ek dink my crafting dae is oor. Bly tog skryf man.

    Like

  5. Toortsie · June 25, 2019

    Wat is die kanse om so iemand raak te loop? En tog gebeur dit. 😊

    Like

  6. Leonette Smit · June 25, 2019

    Jy praat!

    Like

  7. Anita Schutte · June 25, 2019

    Sjoe wat ‘n geleentheid … wel gedaan! Ons wil graag meer hoor van dié ervaring!! Groetnis.

    Like

  8. Leonette Smit · June 25, 2019

    Dankie. Ek hou jou op hoogte

    Like

Leave a comment