Waternood in Vanwyksvlei

P1350594

Boorgate, die enigste bron van water in Vanwyksvlei, is besig om op te droog.

Bedags loop die krane glad nie meer nie. Elke huishouding word beperk tot slegs 25ℓ. Voor elke huisie staan die waterkanne opgestapel. Want Oom Schalk ry tot 11 roetes per dag na elke deel van die dorp met die trokkie (die trekker is stukkend). Dit is 2 500ℓ op ‘n slag. Altesaam 27 500ℓ water word daagliks vervoer. Hoeveel kilometer per dag met diesel wat ongeveer R17,00/ℓ kos?

Die enigste boorgate wat nog water lewer, is Smouskolk 1 en 2. Smouskolk 3 en 4 is reeds opgedroog. Waverley en die dorp se boorgat gooi darem ook nog.

Plase in die omgewing, soos Môreson en Jaersfontein, het nog goeie water. Hulle is bereid om die dorp te help as die nood te hoog raak. Het alreeds gehelp om watertenks by die kampterrein te vul tydens die BullRun. Of om die pad stofnat te maak met die waterkar.

Party van ons dorpsmense het nog steeds reënwater. Die pastorie, wat bevoorreg is om 4 reënwatertenks op die erf te kan hê, deel uit. Daar is elke dan en wan mense by die hek met bottels wat drinkwater kom vra. Want die dorpswater is nie meer lekker nie.

water1

Snags kom daar ‘n dun straaltjie munisipale water deur wat weer ons tenks voed. Maar die watedruk is te swak om die huise wat hoër op, bokant die hoofstraat lê, te bereik. Soos dié van Rina en Magriet. As daar egter beurtkrag is (soos wat feitlik daagliks gebeur) en die drukpomp wat daardie water moet deurstoot na onse krane toe werk nie, beteken daardie watervoorraad niks. Die krane bly droog.

Dis glad nie ‘n gawe tyd om sonder water te moet sit nie. Jy wil nie weet hoe dit is as die dagtemperature so styg soos hier by ons in Vanwyksvlei, en daar is nie water as lafenis nie. Maar laat ons nie kla nie, want die boorgate wat wel lewer se pompe werk mos met sonkrag.

Sopas ‘n werkswinkel bygewoon in Carnarvon. Dieselfde lot daar. Beurtkrag. Geen water. Toilette wat nie kan spoel nie. Stof en sweet wat nie saans afgespoel kan word nie. Eish.

Vonke spat by raadsvergaderings oor die waterkrisis. Sommiges beweer dis swak bestuur. Ander is weer van mening dat daar wél water in die omgewing beskikbaar is – selfs boorgate wat nie gebruik word nie – waarvan die munisipaliteit net nie weet nie. Raadslede word uitgetrap. Verguis. Maar daar is glo reeds geboor in die omgewing. Die gate is óf droog, óf die water is onbruikbaar brak.

En dan is daar onlangs ‘n reuse werkskeppingsprojek uitgesit met reusagtige tenders om ‘n pypleiding aan te lê vanaf Carnarvon na Vanwyksvlei. Om watter water hierheen te lei? Wonder mens…

Maar as selfs die koerajongs om die kerk begin vrek, moet jy weet dis vrek droog.

P1350581

 

Advertisements

5 comments

  1. elnabe · December 8

    Wat is Koerajongs? – die so-‘n mooi woord. Leonette, ek lees ‘n boek waarin die skrywer sê dat mense wat voor 1950 gebore is, meer bevolkingsgroei gesien het in hul leeftyd tot nou, as wat in 4000 jaar plaasgevind het… Dit laat ‘n mens dink aan die storie van die botteltjie met twee goggatjies wat elke 20 jaar verdubbel, wat laaaaaank neem om die botteltjie half vol te kry, en dan 20 jaar om die botteltjie vol, en die volgende 20 jaar om dit oorlopens toe vol te maak, die water wat ons het word nie meer nie…
    By Annelie-hulle kla die boere dat die vee swaar kry omdat daar nie ‘n droë plekkie is vir hulle om te rus nie. Sterkte daar vir julle! Jou skrywe bly vir my elke keer so spesiaal!

    Like

  2. Leonette Smit · December 8

    Dankie Elna. Koerajong is ‘n droogtebestande boom vanuit Australië. Hy maak ‘n tros swart houtagtigepeule wat oopbars en waarin swart sade sigbaar word. In Pretoria is daar altyd sulke klein rooi goggatjies op daardie bome.

    Like

  3. Rinie · December 9

    Ai Leonette, ons harte gaan uit na julle en almal in ons land wat so swaar kry sonder water, mag die Here se genade groot word en ons land , mens , plant en dier mildelik sal seën met water wat almal so nodig het.
    Dankie dat jy julle nood met ons deel. Ons bid vir julle as ons aan julle dink.

    Like

  4. Mariette · December 22

    Nuus wat na “Die Kwik styg” op RSG moet gaan.

    Like

Leave a Reply to Leonette Smit Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s