‘n Barnabasbelewenis

Die bedieningspad kan soms ‘n eensame pad wees. Veral op ‘n klein, afgesonderde Karoodorpie soos Vanwyksvlei. Maar dan beleef jy uit die bloute ‘n Barnabasmoment – ‘n moment van bemoediging.

Barnabas

So kry Johan ‘n versoek van Jak127, ‘n organisasie wat hom beywer vir die ondersteuning van veral weduwees en wese, om een aand by ons te oornag op pad deur die Karoo. Hulle is sewe manne, soek slaapplek en wil graag die aand saam met ons verkeer.

Kommandeer gou vir Rina en Rida op om te help met die slaapplek en maak gereed om die sewe manne te ontvang vir ‘n Karoobraai by ons aan huis. Pragtige, toegewyde manne met ‘n liefde vir die Here en sy mense.

Hennie van Vreden, (oud polisieman en die stigter van Jak127 – gegrond op die skrifwoord in Jakobus 1:27), Marius, Dewald, Ron, Danny, Pieter en Charl se twee voertuie sleep net so na 4nm hier in vanaf Vosburg. En ons begin kuier.

jak127

Op my navraag oor die doel van hulle sending, en onder die indruk dat hierdie uitreik ‘n program behels om die plaaslike gemeenskap te kom bedien, hoor ek dat hierdie manne bloot deur die Karoo reis om medegelowiges te bemoedig. Hulle het nie ‘n program nie. Hulle beoog om van dorpie tot dorpie deur die Karoo te reis en telkens net een aand oor te bly. Verder vertrou hulle die Gees om hulle te lei – wat hulle by elke oornagstaning moet aanbied, sal afhang van die omstandighede.

Charl het ‘n woord van God ontvang uit Hand 20:2 om op reis te gaan en mense op sy pad te bemoedig. En dis wat hierdie sewe manne doen. Hulle kom bedien. Bring baie meer as wat hulle kan ontvang.

Ons, wat almal swaar dra aan die bekommernis oor die toekoms van ons gemeente, ons wat hard besig is met voorbereidings vir die BullRun, ons word bedien. Ons, wat nie een daarvan bewus is hóé ernstig ons juis op hierdie stadium van ons bediening, bemoediging nodig gehad het nie, oes die seën van hulle besoek.

Om so ‘n klomp begeesterde manne te hoor getuig van God se werking in hulle lewe, inspireer van vooraf.  Om geleentheid te kry om ook jou hart teenoor hulle oop te maak, is bevrydend.

Later demonstreer Dewald die bordspel Eagels and Turkeys (wat hy en sy vrou ontwerp het) aan ons. Dis ‘n kragtige manier om mense aan die praat te kry oor hulle vrese en bekommernisse, maar ook te deel in hulle seëninge en dankbaarheid. En so spoel dit oor in voorbidding vir elkeen van ons.

Barnabas se naam was eers Josef. Sy naam beteken “iemand wat mense moed inpraat”. Een van die mense wat eintlik maar agter die skerms gewerk het maar ‘n kragtige bediening van bemoediging aan medegelowiges beoefen het. Dis wat hierdie manne kom doen.

En ek beslaan hulle tot ridders van die Barnabasbrigade.

Sela

Advertisements

6 comments

  1. Korita · September 11

    Liewe bure!
    Ons ken vir Charl & Hennie! Dankbaar vir jul bemoediging!
    Mis julle baie!
    Die Oli6e

    Like

  2. elnabe · September 11

    Dit was nou ‘n lekker-lees storie.Barrabas wat vrygelaat is in die plek van Jesus, beteken rofweg, die seun van die mense/ ‘n koning/ ‘n hoof, wat vir my so interessantt was, want dit is ironies dat ‘ons vrygelaat’ is in die plek van Jesus, m.a.w. Hy het in Barrabas se plek gesterf, – so het die Jode seker gedink, Barnabas se naam wat bemoediger beteken, soos jy dit so mooi skryf is met die paar lettertjies se verandering ‘n genadige geskenk vir ons mense. Dankie dat jy altyd pitkos saam met jou liefde insit.

    Like

  3. Leonette Smit · September 11

    Nou toe, daar sien ek ook die sinvolle betekenis van een klein letterverskilletjie. Dankie!

    Like

  4. Seën vir julle toegebid · September 12

    Pragtig laat my dink aan Paulus wat vra dat daar vir hulle gebid moet word. 1 Tess 3:1-5

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s