Haar skaduwee

 

Vir omtrent ‘n week is haar skaduwee sonder haar. Sy het geval. Haar skouer ontwrig en die humerus se kop boonop gebreek. Sy is per ambulans Kimberley se hospitaal toe.

20180225_114959Shadow, haar ou swart Labrador, is totaal verlore sonder haar.  Want sy los nie eens vir Shadow alleen tuis selfs as sy winkels of kerk toe gaan nie. Hy raak heel die klits kwyt as hy alleen moet bly. Sy los hom eerder in die kar as wat sy hom alleen tuis laat want hy kan maklik van skone angs op ‘n verwoestingstog gaan.

Toe die ambulans met haar vertrek, is Shadow troosteloos. Ons ontferm ons oor hom. Hy en Van Zijl kompeteer effens by die kosbak, maar verder gedra Van Zijl hom darem aanvaarbaar teenoor die onverwagte gas.

Daar steek ‘n onweer op. Shadow se angsvlakke styg en hy verdwyn die dorp in op soek na haar. Eers twee dae later daag hy weer onverwags op. Weier daarna om die huis selfs vir ‘n vol blaas te verlaat. Verwese sonder sy mens.

Sy het Shadow 10 jaar terug gekry toe sy weer getroud is. Sedertdien is sy en Shadow onafskeidbaar

Haar lewe is een groot stuk getuienis van God se genade en van tweede kanse. ‘n Hele paar jaar gelede kom sy en ‘n vriend in Vanwyksvlei aan. Hulle huur ‘n huis. Na ‘n paar dae sterf haar vriend. Sy is ontwortel. As volslae alkoholis sukkel sy om wortel te skiet in Vanwyksvlei.

Mettertyd vind sy haar voete. Sy trou weer en versorg haar man tot sy dood. Sy word nagelaat met Shaddow en ‘n huis van haar eie. Haar enigste inkomste is pesioen.

Engele soos Hester en Erik op haar pad laat haar nie aan haar lot oor nie – anders het sy ‘n kluisenaarsbestaan gevoer. Waar sou sy nie dán opgeëindig het nie!

Sowat twee jaar gelede, word sy verkies tot die kerkraad. Sy blom. Nou kan sy vir die Here, wat so goed is vir haar, iets beteken. Sy begin woon die vrouebybelstudie by.

Sy snap iets van die volkome nuwe lewe in Christus waar die skadu’s van die verlede nie meer enige effek op die hede kan hê nie. Sy staan op uit die skadu’s van ‘n mislukte eerste huwlik. Sy gooi die skandvlekke van ‘n lewe met alkoholisme van haar skouers af. Sy genees oombliklik van alkoholisme sonder enige onttrekking of nagevolge. Sy al 2 jaar skoon en kry sedertdien nie eens meer lus vir drank nie – selfs nie toe sy in erge pyn ná die val was nie. Sy bearbei links en regs onder mense in die dorp wat niks anders as ‘n lewe met drank ken nie. Haar getuienis is kragtig. Haar toewyding aan die Here is aansteeklik.

Niks kry haar onder nie. Nie ‘n gebreekte pols verlede jaar nie. Nie ‘n beseerde duim in ‘n motorongeluk nie. En nou ook nie ‘n af skouer nie. Selfs in die donker tye van pyn en ongemak en beperkte beweging en nagte van min slaap sien sy net die positiewe raak. Die skadu van hierdie val se ongerief en intense pyn kan nie haar stralende dankbaarheid en openhartige getuienis demp nie.

Met haar fenomenalee sangstem loof sy steeds weer, vandat sy terug is uit Kimberley, vroegoggende die Here vir elke nuwe dag se genade en sorg. Vir elke skadukol in haar lewe wat Hy met sy genesende lig kom wegvee het.

En Shadow is weer onlosmaaklik aan haar sy.

Advertisements

7 comments

  1. Phia Redman · April 27

    Shadow..wat n gepaste naam v die getroue maat. God is n God van tweede kanse!

    Like

  2. elnabe · April 27

    Ons GOD! soos net Hy kan, tel die gebreekte stukkies glas op en maak die mooiste juwele uit hulle. Wat ‘n voorreg om jou storie te kan lees, want as jy dit nie vertel het nie, het haar getuienis nie so ver geswerf nie! Dankie Leonette.

    Like

  3. Ria Jacobs · April 27

    Dankie vir jou stories. Sien uit na volgende een

    Like

  4. HesterLeyNel · April 27

    Lieflik! Dis ‘n pragtige verhaal van ‘n onuitblusbare gees wat voluit leef.

    Like

  5. travel460 · April 27

    So ñ kragtige getuienis. Dankie dat jy dit kom deel het.

    Like

  6. Toortsie · April 27

    Ons God is So Groot. Dankie vir hierdie mooi getuienis.

    Like

  7. Ronel · 29 Days Ago

    Ons Heer laat jou nooit alleen. Geniet jou stories!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s