Koöperasiestories

 

Die koöperasie op Vanwyksvlei maak toe sy deure toe. 31 Oktober 2017.

En toe maak Rudi en Trudie Oberholzer hom weer oop op 1 November 2017.

KVB (Karoo Vleisboere Koöp) beweer, na byna 2 dekades van dienslewering aan die boere van Vanwyksvlei, dat hier nie geld te make is in ons dorp nie. En daarmee word die enigste brandstofstasie en die enigste ATM in die dorp weggeneem.

20171112_163639

Alles, net mooi alles word deur KVB verwyder. Al die orige voorraad. Die telefoon. Die rekenaar. Die kaartmasjien. Die hele koelkamer (wat glo deur hulle aangebou is) word afgebreek. Niks word agtergelaat om weer iets van te maak nie – en dit nadat daar vir jare nie meer huur betaal is vir die perseel wat van die Boerevereniging gehuur sou word nie.

Rudi en Trudie koop die orige brandstof op – die pompe behoort hoeka nie aan KVB nie maar aan die destydse Boereverening – en red ons van ‘n benarde situsie. Want wie kan bekostig om 80km verder in Carnarvon te loop branstof aanvul?

20171112_163834_1

Maar ‘n brandstoflisensie kan nie aan ‘n individu uitgemaak word nie, daarom vra dit dat die eertydse boerevereniging weer in die lewe geroep moet word. En dit is reeds gedoen.

Praat van ‘n moedige reddingspoging!  Rudi en Trudie onderhandel met GWK (Griekwaland-Wes Koöperasie) en daar word bevind dat, volgens die syfers van KVB die afgelope tyd, hier genoeg potensiaal is om ‘n koöperasie te bedryf. Vanaf 1 Februarie  2018 gaan dit hopelik amptelik hier by ons funksioneer as ‘n franchise van GWK – soos dit tans suksesvol in Griekwastad, Marydale en Niekerkshoop bedryf word.

Dit gaan nie maklik wees nie. Want om as franchise van GWK te opereer, sal hierdie koöperasietjie op die groot kettingnetwerk van GWK geïnstalleer moet word wat groot finansiële insette gaan vereis. En om enigsins op groot maat aankope van voorrade te maak, moet daar aanvanklike bestellings geplaas en goedgekeuring verkry word  by enige groothandelaar.

20171112_163714

????

Intussen moet hier brandstof wees. Hier moet voer wees. Hier moet voorraad wees. En inwoners van Vanwyksvlei moet hulle regeringtoelae uitbetaal kan kry. Dit is waarvoor Rudi en Trudie wil sorg. Dis waarvoor hulle al hulle spaargeld ingestoot het en boonop groot lenings aangegaan het. Want kom wat wil, boere kan nie sonder brandstof en entstof nie en vee kan nie sonder voer nie. Dis waarom hulle bereid is om die oorhoofse koste van munisipale rekenings, die versekering van die gebou en die uitbetaling van lone solank op hulself te neem.

Daar word gereël met ‘n trokeienaar van Douglas om veevoer vanaf Prieska tot hier te bring. Hiervandaan word dit gelaai en gekanaliseer na in al die rigtings rondom Vanwyksvlei. Boer plaas ‘n bestelling; Rudi lewer af. En wie staan in vir die aanvanklike koste …?

Intussen gaan Rudi steeds voort met sy taak as bemarker van skaap. Terwyl Trudie aankope doen op bestelling vir elkeen wat iets nodig het vanaf Kimberley, beman hulle dogter Karin die brandstof- en voeraankope.

Dis  wat ek dienslewering noem. Want as boere eers plan moet maak om van elders hulle brandstof en voer te bekom, sal hierdie lewensaar doodbloei. Nou word dit – en ek moet bysê; met bitter moeilike opoffering – aan die lewe gehou tot hopelik Februarie volgende jaar.

Die Oberholzers bedink groot planne. Elke inwoner van die dorp sal ‘n rekening by die nuwe franchise kan oopmaak (al gebruik hy hom nie direk vir aankope nie) wat hom in staat sal stel om by enige ander GWK te kan koop en brandstof te kan aanvul, en so dividende vir homself te kan opbou.

Voorvatters. Dis soos ek vir Rudi en Trudie leer ken het. Dis wat ek beleef het met die voorbereidings vir die Bull Run. Dis wat my die volste vertroue gee dat hierdie lewensaar uiteindelik weer gaan vloei, gaan bot en gaan bloei.

As als volgens plan verloop, sal ‘n  trok tweeweekliks vir boere op die Brandvleipad en op die Vosburgpad hulle voerbestellings en enige ander toerusting en benodigdhede tot by hulle plaas se indraaipad vat. Transaksies sal per elektroniese oorbetalings gedoen word. Die huidige perseel sal ook opgeknap word en ‘n koffiehoekie sal ingerig word waar boere wat brandstof en voorrade kom aanvul, kan kom afsaal terwyl hulle bestellings opgemaak word.

Want is en was die plaaslike koöperasie nie maar nog al die jare die hartklop van so ‘n klein boeregemeenskappie nie?  Was en is die koöpersie nie maar nog altyd die boer se aanvullingsbron en inligtingsbron nie, sy afsaalplek nie, sy kuierplek nie?

Advertisements

12 comments

  1. Wollie Burver · November 13

    Moenie ophou nie! Ek hoop julle boere ondersteun julle. Maatskappye wat die infrastruktuur wat oor jare opgebou is, met die gemeenskap se geld vernietig is saboteurs en is net paresiete wat nie werklik omgee vir die gemeenskap nie.

    Like

    • Leonette Smit · November 13

      Soos jy tereg opmerk! Ek het die volste vertroue dat hier ‘n suksesstorie gebore is. Hou maar die spasie dop …

      Like

  2. MT Booysen · November 13

    Julle is VASBYTERS… en in my gebede. Ook dat julle genoeg reën kry.

    Like

  3. ekmyselff · November 13

    Sjoe dit is n mondvol. Ek hoop regtig dit dit n groot sukses sal wees. Daar was kinders saam my in die Landbouskool wat van daar en van Carnavon af gekom het.

    Like

  4. DIrk du Plooy · November 13

    Baie sterkte met hierdie groot onderneming. Met so baie moed, kan dit nie anders as suksesvol uitdraai nie.

    Like

  5. Blackie · November 14

    Baie geluk julle so doen mense wat omgee baie sterkte en voorspoed met die besigheid ons bid en glo dit sal goed gaan.

    Like

    • Leonette Smit · November 14

      Dis wanneer die saak groter is as die persoon dat mense hierdie tipe opofferings maak

      Like

  6. Petrus Vermeulen · November 14

    Ek ondersteun vir Rudi en Trudi, dit sal n ramp wees as n dorpie geen handelstak van n Kooperasie het nie.

    Like

  7. Kobus Dames · November 14

    Ek glo Gwk gaan saam met Rudi hulle n verskil maak vasbyt

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s