Om die mark te misreken

Ek is g’n entrepreneur nie. Ek kan wel bak en brou en blog. Ek kan grootmaak, ek kan skoonmaak, ek kan mooimaak en ek kan (dog ek) geld maak.

‘n Stalletjie by die WegRy Bull Run! Net die ding om genoeg geld te maak vir ‘n nuwe rekenaar!

Almal gaan dors wees Oktober in Vanwyksvlei. Ek brou al sewe jaar lank kefir en kombucha. Dis nou net die ding, dog ek so ewe.

So begin vermeerder ek my scoby en vergroot my kombuchaproduksie. Koop 300 botteltjies aan en BAIE kilogramme suiker (wat skielik duurder as ooit te vore is).

Drie maande voor die Bull Run begin eksprimenteer ek met waterkefir. Aanvanklik maak ek drie tot vier botteltjies per dag. Later vergroot my kefirkultuur sodanig dat ek tot 11 botteltjies per dag voorberei. Ek eksperimenteer met al wat ‘n vrugtegeur is; aarbei, bloubessie, grinadella, koejawel, kiwi, lemoen, nartjie,pynappel, perske. Later volg ek Hilda se instinkte – gemmer en bloubessie, appel en kaneel, suurlemoenskil en pynappel. Nou moet julle weet, hierdie vars vrugte is nie in Vanwyksvlei te koop nie – ek moet dit invoer vanaf Upington. Ek gebruik die beste bestanddele – organiese suiker, kokosneutsuiker en pienk Himalayasout.

20170912_201416

Gou is daardie 300 botteltjies te min en koop ek nog 450 aan. Ambisieus brou ek boonop nog 100ℓ gemmerbier en 25ℓ suurlemoenbier. Leen nog twee yskaste. Beset die kerksaal se yskas. Gaan stoor botteltjies in die plaaslike slaghuis se koelkamers.

Ek stoor liters en liters vars volroom melk in my vrieskas. Omdat melkkefir net ‘n 2 weke rakleeftyd het, diep ek al my kefirkulture uit die vrieskas op en oor die laaste twee weke voor die Bull Run, berei ek 2ℓ melkkefir per dag. Kos my soggens voor vyf kefir afgooi en bottel. Nuwes berei. Flesse en flesse en siwwe elke dag was. Etikette skryf tot my pen droog word.

Ek laat maak ‘n banier vir my stalletjie. Berei skryfborde voor met al die goeie hoedanighede van kefir en kombucha daarop aangedui. R10 ‘n botteltjie is mos nie te veel nie. Tel my kuikens voordat hulle uitgebroei is. Ek gaan ‘n slag slaan.

Maar niemand soek volksvreemde goete nie. Verkoop 4 botteltjies.

Vrydag. Nou stal ek van elke soort ‘n paar botteltjies uit. As mense dit síén, sal hulle koop – hulle lees mos nie inligtingsborde nie.

Niks.

Namiddag, na die rally-roete, soek ‘n paar ouens iets vir die nadors na die vorige aand se goeie kuier. Ek verkoop nog ‘n paar aan dapper manne wat kans sien vir iets anders. Ek bemark dit as doepa teen babalaas. Nog niks.

20171012_073955

Saterdag pak ek moedig weer die koelbokse. Versit Wilhelm-se-pan toe saam met die konfooi. Op die pan sal almal dors word.  Dit gaan beter want ek anker my botteltjies langs die kerk se koeldrankbad. Maar die aktiwiteite van die deelnemers is ver van die stalletjies af.Ouens wat kom kos soek, koop liewer Coke en Fanta. Sien dalk ‘n botteltjie raak. Op die ou einde sit ek met meer botteltjies in voorraad as wat verkoop is.

Maar wag, dis nie al nie. Fanie en Tersia van Crater Coffee wat die koffiestalletjie het, is bereid om beskuit saam met ‘n koppie koffie soggens te verkoop. Ek bak verbete die paar dae voor die Bull Run sewe baksels beskuit. Ek maak somme!!

Ek laat my skoondogter ook die gaping vat. Hier’s mos ‘n kans om geld te maak. Mense sal mos soek vir aandenkings. Sy tooi blikbekers, blakers van ou telefoonpaalkoppe en hangertjies van ou lense op met ‘n unieke metode van kuns, nl.  spuitnaaldkuns. Met moeite reël ons dat haar pakkie vanaf Pretoria Vanwyksvlei toe kom. Maak ‘n sommetjie; sy sal haar maand se huishuur hiermee kan afbetaal.

 

Helaas.

Ek pas die prys twee keer afwaarts aan. Maar nee, niks verkoop nie. Uiteindelik, aan die einde van die naweek, net voor ek oppak, verkoop ek darem twee bekers en twee blakers en een hangertjie. Sorry Sussie.

Marknavorsing? Nee, net aannames. Persepsies. Gevaarlik. Baie gevaarlik. Deur skande en skade word mens wys.

Bull Run-manne is anders. Al is hulle ginekoloë, prokureurs, makelaars en CEO’s, onderwysers, afgetrede dominee’s of sakemanne, vir die één naweek in die jaar haak hulle uit, het vet pret en jaag stof op. Dán soek hulle g’n probiotika en anti-oksidante nie!

Toe, Maandagoggend by die plaaslike skool in die woonbuurt, kry elk van die 408 leerders ‘n gratis botteltjie koeldrank om die eerste dag van die laaste kwartaal te vier. Die plaaslike sokkerspan ontvang 4 dosyn botteltjies kombucha. Met komplimente van Juffrou.

Nee wat, my 1980 model moet maar nog hou. G’n nuwe rekenaar vir my nie …

Advertisements

7 comments

  1. Anita Schutte · 10 Days Ago

    Hahahah … kostelik!

    Anita

    Like

  2. Mariette · 10 Days Ago

    Ag bleh. weet hulle dan nie van die skop in jou bier nie.?

    Like

  3. Elna Bekker · 9 Days Ago

    Dalk het jy so “nuwe” lewe in die kinders se saai dag by die skool geblaas, en gaan een van hulle nog iets van daai heerlike koeldrank onthou in jarre wat kom, as ‘n hoogtepunt. [ nee sussie, sommiges is gewers, ander is entrepreneurs – as jy dit oor jou hart kan kry om Fanta/coke en al die ander grillerige goed op die mark te verkoop kan jy dalk daai gelkie vermeerder. AS jy dit oor jou gesonde hart en verstand kan kry!]

    Like

  4. Toortsie · 9 Days Ago

    So het ek met my juwele gery en stalletjue gestaan in wind en stof en son. Helaas. 😁

    Like

  5. Toortsie · 9 Days Ago

    Glad nie so ‘n mislukking nie. Hoe sou jy geweet het as jy nie probeer het nie?

    Like

  6. carol moller · 8 Days Ago

    Ai, ja……… niks wat ek hierby kan voeg nie, het mos self n stalletjie gehad, maar het darem nie te sleg met die kerrie en rys gevaar nie, ook lank nie als verkoop nie,maar gelukkig vir die vrieskas nou haal ek se tussen in n bakkie uit wanneer ek vinnig iets te ete moet kry…..maar dan na soveel kerrie se kook bly die geur nog in my neus en kerrie uit die vrieskas kom as 2de keuse, dan maar n vinnige toast en tee en ja die geskenke…….dit sal beter vaar by n kersmark terwyl jy reeds gister dit genoem het. Toemaar Leonette, al gaande word ons wyser, die spreekwoord bly darem net SO,SO baie waar……ons is nooit te oud om te leer nie. Volgende keer doen ons dit weer….net baie slimmer!!

    Like

    • Leonette Smit · 8 Days Ago

      Slimmer. Beslis slimmer. Hierdie een was verhoudings bou. Volgende keer bou ons ons bankrekening.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s