En die algehele wenner is ….

VANWYKSVLEI!!

Vanwyksvlei wen al die pad – danksy WegRy Bull Run 2017. Ons is skielik weer op die map. Ten minste 1000 mense, wat nog nooit van Vanwyksvlei gehoor het nie, wéét nou van ons en sal waarskynlik in die toekoms moeite doen om af te draai na ons klein dorpie in die Noord Kaap.

L1220071

Gerrie van Eeden, die man aan die stuur van WegRy Bull Run 2017, en sy span is 100% tevrede met wat onse mense hier in ‘n kort tydjie kon vermag. Bull Run en Vanwyksvlei is vorentoe sinoniem.

Ons plaaslike mense is dankbaar. Daar is bitter hard gewerk die afgelope 3 maande aan bouwerk en voorbereiding van die terrein. Verskuilde vaardighede kom na vore. Organisatoriese vermoëns word ontdek. Leierseienskappe kom aan die lig. Diensbaarheid word die dryfveer. Individue gaan groot onkoste aan om genoeg stalletjies beskikbaar te hê vir die besoekers – van kos en drinkgoed tot aandenkings. Die gemeente staan saam en massas vleis word verwerk en voorberei vir elke aand se braaipakkies. Spanne berei voor aan bykosse by die braai vir deelnemers en beamptes.

L1210748

Vrydag daag die manne een strook deur op met karre ouer as 1980. Opgedollie en getooi vir ‘n naweek vol pret. Die tentedorp kry gees.

Elke deelnemer bring ‘n geskenkpak van skryfbehoeftes van alle soorte saam wat aan die plaaslike skool geskenk word. ‘n Groot toevoeging tot die droogtehulpprojek van so ‘n paar weke gelede word deur deelnemers gemaak in die vorm van voerbale, voerpille en kontant bydraes. Ons harte loop oor.

‘n Volmaan span die kroon oor die volgeloopte tentedorp. ‘n Langverwagte naweek waarvoor die manne al heeljaar voorberei, breek aan.

L1220272

Dwarsdeur die dag word daar gebraai aan skaaptjops, skaapkoppe, braaiwors, sosaties, worsbroodjies, pap en kaiïngs, skaapstertjies en roosterkoeke met skaapvet en stroop om almal gelukkig te hou deur die dag.

Als word beskikbaar gestel vir ‘n suksesvolle aanbieding; van braaihout, ekstra brandstof, koffie uit ‘n ander klas, gebottelde water en ander nat rantsoene, tot ys. Hierdie dienste skuif Saterdag saam met die groot optog deelnemers na Wilhelm-se-pan so 17km buite Vanwyksvlei om daar ook beskikbaar te wees tydens die programitems op die pan.

Groeipyne is daar wel. Ons leer daaruit. Ons ken nou ons mark beter en nou weet ons presies in watter verwagtings en  behoeftes  van menige man (wat net wil kom afsaal en stof opjaag en geniet vir ‘n naweek) ons volgende keer moet voorsien – hierdie is nie ‘n kunstefees of ‘n Kersmark nie!

Ons gemeenskap het gejel. ‘n Gees van welwillendheid staan op onder onse mense. Op eie koste word lang afstande vir mekaar afgelê. Daar word aankope vir mekaar gedoen in Upington of Kimberley. Bestellings vanuit Prieska of Carnarvon word saamgebring as iemand soontoe moet ry. Die saamstaan, saamwerk, saam swoeg, saam moeg word, saam beplan het iets losgemaak onder ons mense waaraan daar reeds lankal ‘n ernstige leemte was agv van die langdurige droogte en swaar tye wat elkeen maar op sy eie moes deurworstel. Ons kyk met nuwe oë na mekaar.

WegRy Bull Run bring vir ons dorp en ons gemeenskap ‘n welkome nuwe inspuiting.  En ‘n dag later, kort na die enorme opruimingsoperasie, oorvloedige reën van 16mm.

 

Advertisements

13 comments

  1. Allan Venter · October 10

    Dt was die beste Bull Run nog, ons waardeer julle moeite en sien julle volgende jaar, of vroeer…

    Like

  2. Gerrie van Eeden · October 10

    Net weer van my en die res van my span se kant af: Julle Vanwyksvleiers ken van raakvat, en ons is oneindig dankbaar vir die harde werk wat julle godoen het. Ons bring vir julle nog!

    Gerrie

    Like

  3. Die reen is wonderlike goeie nuus. Die mense van Vanwyksvlei verdien die reen vir al hulle harde werk aan die Bull Run. Wel gedaan, Bull Run is nie vir sissies nie.

    Like

  4. Anita Schutte · October 10

    Baie dankie Leonette. Magda se broer Johan is ook by so ‘n iets betrokke, wonder of dit daar by julle is?

    Ons het al wonderlike reën gehad, Willie hou boek, maar het sommer afgeskop 75 mm.

    Liefde,

    Anita

    Like

  5. Net Ek · October 11

    Dit lyk nogal na pret!

    Ek het my man dit ook gewys, sal hom graag wil vat as dit weer gehou word!

    Like

  6. Gerrit Kruger · October 11

    Baie geluk Leonette en julle is ysters daar i die Bo-Karoo. Wens ons kon daar wees.

    Like

  7. Leonette Smit · October 11

    Nou toe, beplan reg volgende jaar. Julle is welkom. Eerste naweek in Oktober.

    Like

  8. Mark Penning · October 11

    Ek en my vrou was net toeskouers die jaar. Dit was n groot fees en almal wat deelgeneem en betrokke was het dit baie geniet. Die ouens met die Groen Ambulans het wragtig dit die meeste geniet!! Eks eintlik dat hulle nie n GEES prys of iets gekry het nie Haha daai manne kan kuier!
    Great byeenkoms!

    Like

    • Leonette Smit · October 11

      Ons sien julle volgende jaar weer. En die groen ambulans vir seker ook!!

      Like

  9. Manda de Wet · October 11

    Wel gedaan Vanwyksvleiers!! Ek’s die blyste oor die reen!!!

    Like

  10. ekmyselff · October 13

    Lyk of dit n groot sukses was, die atmosfeer lyk erg lekker! Baie bly vir julle reen.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s