Vanwyksvlei kry onverwags droogtehulp

Vir die eerste keer in 20 jaar, word voer in Vanwyksvlei as droogtehulp afgelewer. En dit binne net een week van reëlings tref.

L1210363

Vier weke gelede beseer Johan Bruwer, ‘n boer op die Brandvlei pad buite Vanwyksvlei, sy nek sodanig dat hy in die Kaap ‘n ernstige nekoperasie moet ondergaan. Verlede week is hy weer Kaap toe vir ‘n opvolgondersoek by die ortopedis. Johan wys ‘n aanbod om in Struisbaai te gaan rus van die hand. Sy plaas beleef nou al vir die soveelste jaar ernstige droogte en daar is nie meer weiding vir die skaap nie. Hy voel net hy moet terug plaas toe en val direk in die pad.

Kort anderkant Van Rhynsdorp kry hy ‘n oproep van Pierre, ‘n tandarts wat in Vredendal praktiseer, wat grond het wat aan Johan s’n grens. Pierre het 40 sakke mielies as droogtehulp vir sy vee gekry wat hy aan Johan skenk. Hy moet dit net kom haal. Hy het ‘n 5 voet sleepwa beskikbaar. Johan draai terug Van Rhynsdorp toe.

Hy besef dat sy bakkie nie met die sleepwa en die vrag Van Rhynspas sal kan uit nie. Laai toe net 30 sak mielies in sy bakkie en op die wa. Dit is toe ook so. Nog maar aan die voet van die pas begin die bakkie warm loop. Trek af en wag. Pak weer die tog aan in eerste rat met oop vensters en die lugreëling vol oop op warm om die verkoelerwater maksimaal te laat sirkuleer deur die enjin.

Om die laaste haarnaalddraai word Johan afgetrek deur ‘n vreemde man. Burre Burger. “Jy moet Johan Bruwer wees, neem ek aan.” Hy’t Johan op die pas verbygegaan en het  via Pierre gehoor van Johan wat met die vrag mielies op pad is na Vanwyksvlei toe. Burre wil hoor hoe staan sake met die boere in Vanwyksvlei en waarom hulle nog nie droogtehulp ontvang het nie.

Johan verduidelik dat die boere hier al meer as twee jaar gelede aansoek gedoen het vir droogtehulp, maar nog niks ontvang het nie. Van tyd tot tyd stuur weldoeners op eie koste vir boere voerpille of voerbale. Maar omdat Vanwyksvlei in ‘n ander streek as Williston opgedeel is, het niks nog hierdie kant toe gekom nie.

Daar en dan kry nog n hulpprojek lyf. Dieselfde  aand ontvang Johan ‘n boodskap wat Pierre vir hom aanstuur vanaf Burre Burger: 34 ton mielies is gereël vanaf Hoopstad vir Vanwyksvlei en sal hierdie week afgelewer word.

Ek ken die man nie. Maar ek het al genoeg op sosiale media gesien gebeur; Burre Burger is ‘n man met ‘n misie om boere te help. Hy netwerk met boere wat voer en vervoer kan bied.  En hy kry baie meer reg in ‘n kort tydjie as enige staatsdepartement in jare. Op Johan se dankbriefie, antwoord Burre slegs: “Die mielies is van Jesus.”

Woensdagoggend om 6vm, trek twee trokke Vanwyksvlei binne met ‘n skenking van nie net 34 ton nie, maar 70 ton mielies.

L1210191

Seile is gereed en mielies word afgelaai by die skouterrein. Nog 4 trokke is Carnarvon toe en 2 trokke is Vosburg toe. Aandoenlike tonele van dankbare boere speel hulle af by die aflaaipunte.

L1210267

Binne een dag is daardie 70 ton mielies gesak en gepak en versprei oor die hele gebied onder boere in Vanwyksvlei wat lankal nie meer weiding het nie. Hulle reken dat 100 ooie per dag kos kan kry van 1 sak mielies en deel uit volgens die aantal ooie wat elke boer het. Niemand word oorgeslaan nie – ook nie die opkomende boere nie. Almal kry ewe swaar.

L1210387

Terwyl die mielies uitgedeel word, word donasies ingesamel om die manne wat vervoer en brandstof beskikbaar gestel het, te vergoed. R30 000 word daardie selfde dag nog bymekaar gemaak.

Min dinge raak so diep aan ‘n mens se emosies as dít – om te sien hoe mense die nood van ander raaksien en drasties iets daaromtrent doen. Sonder om dit aan die groot klok te hang.

En ek vermurwe my oor die weë van die Here. Oor hoe Hy ‘n bakkie wat teen die pas op oorverhit onder ‘n vrag mielies, kan gebruik om ‘n skakel te wees in ‘n lang ketting van weldoeners om ‘n reusagtige skenking te maak aan boere in nood.

 

Advertisements

9 comments

  1. travel460 · 22 Days Ago

    Jou vertelling raak my hart baie diep.

    Like

  2. Toortsie · 22 Days Ago

    Prys die Here. Nou tjank ek lekker.

    Like

  3. C Nabo · 20 Days Ago

    Dis my Hartsland. Ek drink jou woorde en vertellinge soos ‘n dorstige reisiger in. Dankie. Die trane drup op my foon en maak dit moeilik om te lees.

    Like

  4. Franlie Lexow · 20 Days Ago

    Wonderlik!

    Like

  5. Leana Koekemoer · 20 Days Ago

    En my trane loop! Prys die Here!

    Like

  6. Erik De Milander · 20 Days Ago

    Wat vir my so wonderlik is, is dat Pierre de Klerk en Burre Burger twee van my goeie vriende is en dat hulle ‘n glimlag op mense se gesigte kon plaas!! Fantastiese mense!!

    Like

  7. Pingback: Vanwyksvlei kry onverwags droogtehulp — Bo-Karoo – Leja Fantasties se Fantastiese Blog
  8. Anita Schutte · 19 Days Ago

    Dit ís wonderlik … Amen op U wonderlike grootheid.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s