Die wit koevert

Bestaan  daar ‘n barometer vir ware vriendskap? Elke mens het seker sy eie een. Ons s’n is ‘n wit koevert.

Gereeld lê die groot wit koevert  in ons posbus. Propvol uitknipsels uit die Beeld. Al sedert 2012.

L1200715

Daar was ‘n tyd in Lyttelton toe ons Vriend Bauer se Beeld met hom gedeel het. As hy klaar gelees het, kom druk hy die koerant in ons heining of in ons posbus.

In 2012 verkas ons uit Pretoria vir ‘n sabbatstyd van 9 maande – eers Kalahari toe, daarna Boemanland toe. Beeld volg ons – of liewer, dele van Beeld. Netjies uitgeknip en versamel in ‘n groot wit koevert. Aanvanklik aangestuur na die adres in Upington van ons plaasvrinde van Askham, waar ons ons vestig. Later na die adres in Loeriesfontein van ons plaasvrinde aldaar.

Soos ‘n gelukspakkie. Elke oopmaak van daardie koevert is ‘n verrassing. ‘n Vreugde.

Ek soek eerste al die Donderdagrubrieke uit van Annemarie van der Walt. Daar’s Blou Willems en Wilhelm Jordaans. Daar’s Piet Matipa’s en Ivor Price’e. Elise Tempelhoffs en Petro Hansens.  Maretta Bellingans en soms ‘n koddige spotprent. Redaksionele kommentaar van belangrike gebeure is versamel. Interessante artikels bygevoeg vir genot. Sport-, veral rugbybrokkies. En dan altyd ‘n kopie van Sondag se blokraaisel uit Rapport. Poeding.

En dan soms iets vanaf die tuisfront in Lyttelton. ‘n Begrafnisbrief van een van die gemeentelede uit ons vorige gemeente, Lyttelton-Oos – Ds Freddie of tannie Rachel; Christina Landman se ma. Of, soos onlangs, Johann Botha, wat graag Vanwyksvlei besoek het, se begrafnisbrief. Iets  wat ons sal raak om te sê ons word nog ge-ag as deel van daardie gemeenskap. Ons word nog op hoogte gehou.

L1200717

Mens kan ware vriendskap aan baie dinge meet. Die gereelde oproep as jy verjaar. ‘n WhatsAppie uit die bloute. ‘n Sondagaand langafstand oproep. Daardie onmenslike afstand vanaf Jongensfontein of Bettiesbaai of Askham of Wellington of Pretoria of Durban of Somerset-Wes of Parys, al die pad Vanwyksvlei toe om te kom kyk hoe leef die Smitte.

Of jy meet dit aan die gereelde ritme van die wit koevert in ons posbus.

Dankie Johan Bauer.

Advertisements

3 comments

  1. Mariette · July 30, 2017

    Kosbaar! My wit koeverte kom almal van Groen Wilgers af.

    Like

  2. Leonette Smit · July 30, 2017

    Ja! En daardie onmiskenbare handskrif van Ma daarop al is die handjie al 90 jaar oud.

    Like

  3. Elna Bekker · July 30, 2017

    Dit is ‘n fees om al jou blogs te lees, en dit is inderdaad ‘n vreugde om vriende soos wat julle het te hê…As jy ‘n vriend wil hê moet jy een wees, dis wat mense aan mekaar bind.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s