Volie van Geelie kerk

Bedel betaal nie meer nie. Nuwe inisiatiewe is nodig om iets vir ‘n honger maag te kry.

Daagliks. Daagliks is hulle hier by die voordeur. Lui die klokkie. Nie een keer nie. Elkeen in die groepie kry ‘n beurt. Is dit ‘n wedywering? Om te sien wie se drukkie van die klokkie gaan die doemenie of sy vrou voordeur toe lok?

Soms is die gesiggies so pateties dat ek nie anders kan as om te gee nie. Al weet ek ek sterk hulle in hulle kwaad. Maar êrens moet mens hierdie onding in die bek ruk. Hulle kan nie al van so klein af hierdie euwel aanleer nie!

20160630_162546

Op ‘n stadium het ek  gevra of hulle vir my kom sing as ek die voordeur oopmaak en ‘n kleine skare staan daar in afwagting. Gou word dit toe die nuwe tendens. As die klokkie lui: “Ons kom vir doemenie sing.” Dan val hulle weg met: “Anda Hies blad, fô-êwwer unda Hies blad …” of “Hy hou die jille wêreld, in sy hand …” vir ‘n aalmoesie of wat.

Gee jy vir die viertjies by die voordeur ‘n droë perske of ‘n koekie, dan peul daar 10 ander agter die boom uit wat in afwagting (met minder bravade) staan. Deesdae loer ek eers om die hoek om te sien hoeveel onse is dié keer in die pond voor ek spens toe loop.

P1430207

Die tyd wat ons weg was vir Ma se verjaarsdag, het hulle blykbaar agtergekom dat hulle die duiwe wat in die hoenderhok vasgekeer word, kan vang. Totdat Johan hulle in die hoenderhok betrap. Onder die indruk dat hulle hoenders of eiers kom steel, trek hy enetjie vas. Gee dit toe nou vir jou ‘n geskrou af! Totdat dit hortend en stotterend uitkom dat hulle agter die duiwe aan is. Dan breek alle skanse en hardvogtigheid maak plek vir deernis.

L1180136

Soggens is daar ‘n voedingsprogram by die skool. Maar nie almal wat kom bedel gaan skool toe nie. Dus moet daar ander inisiatiewe aan die dag gelê word om die doemenie sover te kry om te gee. Tref Johan drietjies by die voordeur aan met ‘n verfrommelde potloodlysie in die vorm van ‘n kollektevorm. “Dis vir die loop, doemenie.”

“Watse loop?”

“Doemenie moet R4.00 betaal want ons gaan stap” en hulle beduie waar hy sy naam moet inskryf as borg vir wat-ook-al hulle gaan stap.”

“Wie reël dit?”

“Die kerk doemenie.”

“Watter kerk?”

Enetjie stamp aan Anderenetjie: “Watter kerk is julle nou weer?”

Johan verduidelik aan hulle dat so ‘n lysie geen krag dra nie. As die kerk so iets organiseer, sal dit ‘n amptelike getikte lys wees van die Kerk.

Druipstert is hulle daar weg.

Vanmiddag terug. Die krag is af. Die deurklokkie wil nie lui nie. Maar hulle word nie van stryk gebring nie. Nie met so ‘n gawe plan nie. Roep en roep tot ek kom oopmaak. Oorhandig aan my die lys vir die loop wat doemenie gister gevra het:

20170621_175949

Advertisements

4 comments

  1. Maretha Vermaak · June 21, 2017

    Sit jy nou n breeeeeë glimlag op my mond! So kosbaar Leonie!!! 😊

    Like

  2. Maretha Vermaak · June 21, 2017

    Sit jy nou n breeeeeë glimlag op my mond! So kosbaar Leonette!!! 😊

    Like

  3. Elna Bekker · June 22, 2017

    Volie Van Geelie is nie En Gee kerk nie…ai, Leonette, hier staan hulle by die karre, uitgegroei, sommige van hulle het ek in graad een leer lees en skryf. Hulle rook en bedel, Ek wonder nogal wat sou ‘n oplossing wees.

    Like

  4. Toortsie · June 22, 2017

    Ai tog. Krale inryg? Leer hekel? Poppies maak van wat ook al?
    Die oes is groot, die arbeiders min. Dankie vir wat julle doen, ek vermoed die dominee se deur is ‘n gewilde klopplek.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s