Nagrit met ‘n Grys Hond

 

Die bus is op skedule. Ek word ontvang deur ‘n bekwame buswaardin. As die enigste opklimmer in Beaufort Wes by die Wimpy, sokkel-sokkel ek met my handbagasie teen die trappe op na my aangewese plek is in die boonste dek. Plant my hele soliede self in 7B.

travelpass_img2[1]

Die reisgenoot langs my ‘n jeugdige. Het oorfone op. Is konstant met sy ander iemand besig per video call. As die sein breek, bel hy weer. Hy praat ‘n vreemde taal wat nie die tongvalle het van enige van ons ander 10 amptelikes nie. Klink meer na Portugees. Seker ‘n Mosambieker. Kom ons noem hom Moza Mbieker. Kon darem groet en verneem Moza is op pad Pretoria toe.

Net twee ander reisgenote op die boonste dek is van my mense. Vroeg-vroeg gegroet, hulle laaste oproepe gemaak en selfone se klank sag gestel. Die ander – klein, groot, oud, jonk – is immer aan’t kommunikere. ‘n Ieder en ‘n elk het ‘n selfoon. Die ma en haar 3 spruite van ouderdomme pas skoolgaande tot sterk tiener wat later in Kimberley opklim, is elk toegerus met ‘n selfoon. Dit whatsapp dwarsdeur die nag.

‘n Blêrende TV voor in die ruim beeldsend ‘n futuristiese fliek van Will Smith. Gelukkig het ek oorproppe.

Later raak dit stiller. Mense dommel weg. Die TV word afgeskakel en die ligte gedoof. Ek kan ongesteurd voortlees op my kindle. Ek hoor salige snorke. Nou slaap almal.

‘n Selfoon lui skril. “Halô. Re ritse re phetse bantle.”

“Re qeta ho feta H o p e t o w n  hona Jwale.”

“Êh. Re palame ha monate bese ha e ya tlala.”

“Robala ha monate we tla bua hape. Sala hantle.”

Die tempo waarteen SMS’e en whatsapp’s luidkeels deurkom spreek van meelewing, elk met sy mense wat weggesien het en wat wag. Daar’s nie so iets soos in stilte boodskappe stuur en ontvang nie. Als word gedeel, nes die knap spasies tussen ons.

Want Moza Mbieker regs van my het ook aan die slaap geraak. Sy leë Fantablikkie rol heen en weer onder ons sitplekke deur tot ek hom vasgetrap kry.  In ‘n asblik druk. Maar Moza slaap en hel gevaarlik oor na my kant. Ek draai maar my rug en probeer ook wegraak. Later skrik ek wakker. Moza lê styf lepel teen my rug. Dis darem bietjie warmer so en ek hou my posisie. Mens steur mos nie iemand wat so lekker slaap nie …

Die bus sus sag tot stilstand in Kimberley. Die ligte gaan aan. Die buswaardin kondig ‘n 10 min verfrissing aan. Reisigers klim af en nuwes klim op. Ons skarrel vir verfrissing en Moza vir ‘n Steers burger. Hy verpas amper die bus maar sak langs my neer met sy middernag happie.

Mense raak weer stil. Die bus seil sag met die N12 langs. Verby Warrenton. Verby Christiana.

Verder agtertoe skril ‘n selfoon weer deur die slaapnewels. “Halô. Re palame ha monate.”

”Re haufi le W o l m a r a n s t a d.”

My slaap is verby. Reken uit hoe laat ons Potch sal binnevaar sodat ek ook mý mense kan laat weet.

‘n Paar dae later sit ek en my bejaarde Ma van 90 en Annemarie, my skoondogter, trots in die PUK se ouditorium.  Johan, ons oudste spruit,  ontvang sy tweede magistergraad.

IMG-20170523-WA0012

Om dié groot oomblik te kon meemaak, regverdig enige opoffering van enige aard. Selfs ‘n rit met ‘n grys donkie deur die Karoo sou ek daarvoor kon aandurf.

Advertisements

9 comments

  1. Franlie Lexow · June 7, 2017

    Ek het eenkeer van my Kaapse kinders af met die Grey Hound gery ( nou vlieg ek).Beland toe reg onder die bus se rasende en yskoue verkoeler. Geen warm goed. Langs my sit ‘n swart vrou uit een van ons buurstate. Dis aand en baie koud.Ons het nie veel gepraat nie,maar ek het ,soos jou buurman,al nader aan haar geskuif. Erens deur die nag het sy haar klein kombersie met my gedeel.Sal die barmhartige Samaritaan nooit vergeet nie.

    Liked by 2 people

    • Leonette Smit · June 7, 2017

      Jip, ons kom baie nader aan mekaar se menslikheid tydens so ‘n rit

      Like

  2. tribelhornmMarlene · June 7, 2017

    Vir so ‘n geleentheid ryloop mens ook, al is dit van stad na stad en nie met ‘n Grys Hond nie. Baie geluk met jou Johan kind se prestasie.

    Like

    • Leonette Smit · June 7, 2017

      Dankie. Lekker as die kinders se dinge mens se lewe begin bestuur in nuwe rigtings. Hulle laat mens soms vreemde dinge doen en bring mens by plekke wat jy nooooooit sou kon dink nie.

      Like

  3. travel460 · June 7, 2017

    Van my kant af ook baie geluk met jul kind se nuwe prestasie. Ek sou ook baie aangepak het om so ń geleentheid by te woon.

    Liked by 1 person

  4. Leonette Smit · June 8, 2017

    Dankie. Ja, seker sake regverdig dit mos.

    Like

  5. Anita Schutte · June 8, 2017

    Hallo Leonette, hierdie is baie spesiaal! Geluk met al die wonderlik mylpale in julle lewe.

    Spesiale geluk aan jou ma, mag dit ‘n mooi en geseënd verjaarsdag vir julle wees.

    Lyttelton groete,

    Anita

    Like

  6. Elna Bekker · June 9, 2017

    Dit was ma’s doen…dapper en opofferend! So ken ek jou/julle. Baie geluk weer-eens. Hoe op aarde onthou jy elke gesprek? Ek lief die humor tussen die lyne.

    Liked by 1 person

  7. Leonette Smit · June 9, 2017

    Daar IS maniere … Moenie die leek se verbeelding onderskat nie!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s