Volmaan magic

P1370281

Met ‘n vorige volmaan, stap ek met my driepoot en kamera by die agterhekkie uit.  In die veldjie agter die huis is net die regte plek om die volmaan se opkoms vas te vang.

“Wa gaat Doemenie heen? Vra ‘n klomp kleintjies wat in die skemeraand nog in die strate speel.

“Ek gaan lande ploeg.”

“Kan ons saam kom?”

“Kom.” Hulle streep agter my aan. Deur die draad klouter ek en hulle agterna. Vroeër die middag  het ek ‘n mooi kolletjie gaan uitkyk vanwaar ek die maan kan afneem. Ek en Johan het die vorige aand op die kop agter die dorp die maan ingewag en daarom weet ek presies waar hy gaan kop uitsteek. En ook hoe laat.

My driepoot word opgestel en die kindertjies raak opgewonde. “Sy gaan snêppies vat!”

“Da’s hy Doemenie, daar boe” en enetjie wys na ‘n voëltjie bo in die boom. Hulle raak ywerig om voëltjies te soek maar merk op dat ek my kamera op die horison instel.

“Nou wat gaan Doemenie daar snêp?”

“Julle sal nou-nou sien as dit gebeur.” Ek skat daar’s nog ‘n paar minute oor voordat die maan sal opkom.

“Wat gaan gebeur?”

“Wag, julle gaan nou sien. Iets wonderliks gaan daar ver oor die randjie gebeur.”

“Wat Doemenie?”

“Wag en sien.” Hulle lyk skielik onseker. Dis nou al byna donker. Party staan nader aan my en enetjie staan sommer styf teen my, ingeval dit wat gaan gebeur dalk nóú gaan gebeur.

“Julle moet net eers to 100 tel. Dan sal dit gebeur. Kan julle tot by 100 tel?”

“Jaaaa, Doemenie!” en hulle val weg, “eeeen, tweeee, drieeee, vieeeer, …”

Ek tel saam en rek aspris die ‘tieeeeen,… twiiiiiintig, … de-e-e-rtig, …’ lank uit om tyd te wen.

Ek jok nie vir julle nie, op ‘ho-o-o-nderd’ breek die maan se oranje skedel die donker aand se vrugwater  en ‘n gloed stoot die duister terug.

L1120603

“Wat’s dit?! Wat’s dit?!” gil en skreeu dit rondom my. Die enetjie langs my gryp beangs my bene vas.

“Wat dink julle is dit?”

“Dissie son!!”

“Die son kom mos nie in die aand op nie.”

“Dan’s dit die maan” hoor ek die verligting.

“Ma hoe doen Doemenie dan nou vanaand sukke magic?”

P1410364

6 comments

  1. HesterLeyNel · May 24, 2017

    Magic inderdaad. Dis baie mooi snêppies.

    Like

  2. travel460 · May 24, 2017

    Doemenie, jy doen magic jong.🤗Alweer so pragtig geskryf. Dit is vir my heerlik om op jou blad te kom kuier.

    Liked by 1 person

  3. Anita Schutte · May 24, 2017

    Dagsê Leonette, ja jy doen omtrent magic!!!! Baie dankie dit is pragtig … soos ek dit ook onthou.

    Gaan dit goed by julle, Johan en Willie het op die 20ste gepraat en waarskynlik weer volgende weet.

    Ons verneem van Johan dat jy in “TVL” is. Baie geluk met Johan jnr. se graad, dis verblydend dat daar nog van ons mense is wat studeer en hulle self verryk!

    Ek stuur jou skrywes ook aan ‘n vriendin en my skoonsuster in Somerset- Wes, hulle het groot waardering vir jou skrywes én wat julle daar doen. Hoe lank gaan julle nog daar wees?

    Groetnis,

    Anita

    Like

    • Leonette Smit · May 24, 2017

      Dankie Anita, ons kontrak strek tot Feb 2019. Sal sien hoe dit uitspeel. Groete

      Like

  4. Elna Bekker · May 24, 2017

    Aaaaaa die ene is my favourite! So in daai kinnerkies se harte in praat jy met jou mooi taal. Dankie Leonette. [ag en sommer baie dankie Liewe Heer dat ek die voorreg het om hierdie vrou te mag ken! – my lewe is skat – skat – ryk.]

    Like

  5. Leonette Smit · May 24, 2017

    ELNA!! JY is die een wat tot my hart praat met jou deernis vir jou leerders

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s