In Hierdie Lewe Sedert 1914

P1410203

Vandag verjaar Ouma Wat-toe. Oftewel, Tannie Anna Tieties volgens haar ID.  Sy is 103 jaar oud. Vanwyksvlei se oudste inwoner.

As jong dogtertjie verkoop haar ouers haar aan ‘n Visser boervrou van Rietbos vir koffie, suiker, meel , olie en seep. Daar raak sy groot as oppassertjie van bokke. Saans moet sy die kombuis opruim.

Haar sustertjie word op dieselfde manier groot by Awiegoed-hulle op ‘n naburige plaas. Sy onthou een geleentheid wat hulle by mekaar kon kuier toe die plaasmense oor en weer gaan kuier het.

Op Rietbos groei Wat-toe op totdat sy man vat. Jan Tieties kom in haar lewe en maak haar die ma van 3 dogter en 3 seuns. Hulle kinders word groot in die distrik van Carnarvon en Vosburg waar Jan op verskeie plase as veewagter werk. Slegs Uncletjie, oftewel Mietjie Jafta, die dogter wat haar tans versorg, en Handjievol, ‘n ander dogter, leef nog.

L1190955

Uncletjie, oftewel Mietjie Jafta

Handjievol is egter ‘n invalide nadat albei bene en haar regterarm geamputeer is. Die ander broers en suster is almal lankal dood.

Uncletjie en Koelie het ‘n kamertjie in hulle huis waar Ouma Wat-toe woon. Hulle versorg haar al vir baie jare met groot toewyding.

P1410215

Ouma Wat-toe kan nog hoor en sien en beweeg. Dalk kon sy vreeslik dans en sing in haar jare, want sy deel ‘n verjaarsdag met Fred Astair en Bono. Dalk leef sy so lank vanweë haar geloof, want sy deel ‘n verjaarsdag met Karl Barth. Pred 10:27 sê mos: “Wie die Here dien, lewe lank …”  En vir solank as wat Ouma Wat-toe leef, bestaan moedersdag al – ingestel op 9 Mei 1914 deur Woodrow Wilson, die Verenigde State se 28ste president. As julle hierdie naweek êrens ‘n moedersdagviering inwerk, lig ook ‘n glasie op  Ou-moeder Wat-toe.

Soms raak haar gedagtes tussen vraag en antwoord op ‘n adraaipad. Maar sy kan steeds ‘n gesprek voer.

P1420609

Sy kan nog die sagtheid van ‘n paar slaapsokkies waardeer, sien ek toe sy dit teen haar wang aandruk. Dierbaar. (Dankie Helena, dat jy dit gesponsor het).

P1420618

Terwyl ek by haar sit en kuier, steek sy haar verrimpelde handjie uit na Koelie. Koelie Jafta beheer haar pruimtwak. Hy sal self besluit wanneer dit tyd is. En wanneer dit genoeg is.

P1410206

Rina se skool kom sing vir haar en sy blaas die 3 kersies op haar 100-koek dood.

Ouma Wat-toe klap hande vir haar eie prestasie.

Advertisements

3 comments

  1. Net Ek · May 10, 2017

    Sjoe, ek kan nie eers my kop om 103 jare kry nie!

    Kan nie dink haar ouers het haar verkoop nie?! 😯

    Dis seker maar hoe dit was daai tyd.

    Like

  2. ekmyselff · May 11, 2017

    Trane…
    SO kosbaar en spesiaal.
    Kan jy dink al die stories wat daai vrou kan vertel.

    Like

  3. Anita Schutte · May 12, 2017

    Hallo Leonette, baie dankie vir jou mooi en raakvat skrywes.

    Dit voel of ek daar by jou is!

    Groetnis, Anita

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s