Klein Insidente, Groot Impak (II)

In ‘n vorige blog, omtrent 8 maande gelede, vertel ek van ‘n foto, geneem in die gange in Vanwyksvlei van Rachel, wat ‘n skildery word. Uitgestal by Kirstenbosch Gardens.

Nou het die skildery verkoop en Helena, die skilder, skenk goedgunstiglik die helfte van die bedrag. Ek moet dit gebruik na eie oordeel om brûe te bou na hierdie randfigure in die dorp.

Met ‘n besoek aan Rachel, om te hoor wat sy nodig het, vra sy: “Net ‘n kossie asseblief Juffrou. My man het mos  omlangs gedood. Nou’s dit net ek alleen en ek trek swaar sonder hom.”

P1420137

Met ons onlangse rit Upington toe, maak ek vir haar ‘n kossie op en gaan oorhandig die pakkie.

Moenie ontsteld wees nie; die inhoud is nie van Spier nie. Maar Spier speel ‘n rol in die storie. Want my pad kruis met Helena s’n omdat ons albei ‘n dogter het wat by Spier werk.

Rachel wil nie die inhoud dadelik uitpak om te kyk nie.  Te veel toeskouers in die omtes.

Advertisements

3 comments

  1. Helena · April 12, 2017

    Dankie Leonette ook vir jou wonderlike foto wat absoluut boekdele spreek en jou moeite om ietsie te gaan aflewer. Ek get dit vreeslik geniet om vir Rachel te verf en net bly ek kon haar “kjyk” vasvang.

    Like

    • Leonette Smit · April 12, 2017

      Jy het inderdaad daai KYK vasgevang! Baie dankie vir jou. Jy het dit alles laat gebeur.

      Like

  2. travel460 · April 12, 2017

    Dit is die pragtigste skildery! Ek is eintlik sprakeloos, lyk vir my soos ń foto. Helena, jy het defnitief haar ‘wese’ vasgevang.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s