Ware Oos

Dis hoe die son vanoggend oor Vanwyksvlei opkom. Presies, presies Oos.

P1410658

Vandag gaan net so lank wees soos vannag

Met die son presies in die ooste, gloei die grafte vanoggend in suiwer goud. Dis ‘n skouspel. ‘n Tafereel van gloed vir ‘n oomblik, en dan is dit weer verby. Amper soos ‘n salwing oor hulle wat was, lank lank gelede. So lank gelede soos nog in die 1800’s.

 

Hier rus groot geeste van weleer wat ook vanoggend baai in die oostergloed.

 

Ek wonder hoe dit gaan wees as al hierdie grafte, en ander reg oor die aarde, op een oomblik eendag, gelyktydig oopgaan en die aarde sy dooies teruggee (Joh 5:28,29 en Hand 24:15).

Vir die dag van oordeel

Advertisements

9 comments

  1. travel460 · March 21, 2017

    Dis wonderlike foto! En wat jy sê, ek wonder ook daaroor.

    Like

  2. Toortsie · March 21, 2017

    Dis ongelooflik. Is dit net die een dag wat due grafstene so gloei?
    Daardie gaan ‘n wonderlike dag wees vir hulle wat glo. Xx

    Like

    • Leonette Smit · March 22, 2017

      Nee, vir ‘n paar weke al vang die grafte die oostelike son. Net omdat almal oos kyk, het ek die metafoor gebruik (misbruik?)

      Liked by 1 person

  3. Jaco · March 22, 2017

    Die fotos van my oupa en ouma se graf asook van my ou skoolmaat Alec Smit was nou ‘n “treat”. Hou ook van die gedagtes daaragter.

    Like

  4. Leonette Smit · March 22, 2017

    Ek het ook gedink dis spesiaal. En die foto’s maak dit eintlik nog mooier – veral met die donker name wat nie weerkaats nie

    Like

  5. marietjie raath · March 26, 2017

    Dankie Leonette! Laat my dink.

    Like

  6. Elna Bekker · March 30, 2017

    Jy het ‘n wonderlike manier met woorde en atmosfeer, en hierdie foto’s spreek Boekdele!

    Liked by 1 person

    • Leonette Smit · March 30, 2017

      Dankie vir jou. So vroegoggend in die begraafplaas is nogal ‘n ondervinding. Die woonbuurt (wat net agter die begraafplaas le^) word wakker en hane kraai en stemme klink en donkies balk en honde blaf en dit word ‘n hele ontwakingsproses wat eintlik ook ‘n storie is

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s