Die Fietswiel

Terwyl Johan by die Sinodesitting in Kimberley is, betree iemand weer ons eiendom en steel Johan se fiets se agterwiel helder oordag uit die garage van sy fiets af.

Ek reken dit moes Dinsdagmiddag gebeur het want die oggend nog staan die fiets op sy twee wiele en die aand het dit gereën. Geen spore is sigbaar in die modder nie. Ek ontdek dit eers Woensdagmiddag toe ek wou ry om veldplante te gaan uithaal in die veld na die reën. Daar staan die fiets op sy kop en die wêreld lê besaai met allen keys. Ek rapporteer dit by die polisiestasie.

Omdat ek nie wil inbreek maak op die gees van die Sinode met slegte nuus nie, besluit ek om maar die nuus terug te hou tot Johan terug is. Later besef ek dat hy ‘n nuwe wiel sal moet koop terwyl hy nog in Kimberley is.

Soos ek verwag het is hy ontstoke. Ek kry vir my oor ek nie die garagedeur gesluit het nie.

Terug in Vanwyksvlei gaan maak hy ‘n saak by die polisie sodat hulle dit kan ondersoek. Die nr 15 sleutel se plekkie in die netjiese ry sleutels is ook leeg. “Ek lê maar ‘n verklaring af. As julle die wiel kry is dit nog iets vir julle statistieke” spot Johan so ewe. Daar’s nie veel mense in Vanwyksvlei wat ‘n agterwiel met sewe ratte kan gebruik nie.

Net na twee lui Johan se foon. Dis Mervin, die speurder: “ Dominee, ek het jou fiets se wiel gekry. Ek wag nog net vir die nr 15 sleutel dan bring ek dit saam met die skuldige.”

Hy’s ‘n Gr 4-leerder. So oud soos ons oudtse kleinseun. Dis dieselfde gesiggie wat al hoeveel keer kom brood vra het by die voordeur. Karel (nie sy regte naam nie). Sy ma het saamgekom en staan boos eenkant saam met die speurder. Skel af en toe op hom: “Kyk die mense in die oë!” “Lig op jou kop dat ons kan hoor wat jy sê!”

Dis nie die maklikste wiel om af te haal en op te sit nie. “Toe Ouboet,” sê Johan, “sit hom terug dat ek kan sien hoe doen jy dit.”

Sonder moeite werk hy die ketting oor die ratte. Sit die wiel terug. Konnekteer weer die remme. Dis nie die eerste keer dat hy dit doen nie.

l1180117-blurlaaste

“Ek vra nou die dag vir hom waar kom die wiel vandaan. Hy ry die hele wêreld vol met sy fiets en ek weet mos sy fiets het nie ‘n agterwiel gehad nie” vertel sy ma.

Johan vat die knaap om die skouers en druk hom teen hom vas. Begin met vaderlike teregwysing. “Ouboet, hou seblief op met steel. Anders word jy net groot om jou lewe in ‘n tronk deur te bring.” Johan word nie kwaad nie. Raas nie met die kind nie. Dreig hom nie. Sê hom nie sleg nie. Praat net rustig met hom soos ‘n pa (wat hy seker nie het nie) veronderstel is om dit te doen. Moedig hom aan om weg te bly van maats met verkeerde invloed en aandag te gee aan sy skoolwerk sodat hy eendag êrens kan kom in die lewe.

editted2

Terug in die huis, vertel Johan hoe de vieste in hy was toe hy hoor die wiel is weg. Hoe hy gedink het wat hy met die dief sou maak as hy hom in die hande sou kry. Maar hoe die Vader hom tot ander insigte bring toe hy vroeg die volgende oggend sy Bybel vat en stil word: “Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra …” (Fil 2:15 e.v.)

“Dis of ek die versekering kry dat ek my wiel sal terugkry. My taak is nie om te vergeld nie maar om die lig uit te dra.”

Mag klein Karel tog ‘n stukkie van die lig sien deurskemer …

7 comments

  1. Toortsie · October 24, 2016

    Wat ‘n fantastiese storie. Wat my verstom, is dat net die wiel en sleuteltjie gesteel is, nie die hele fiets nie!

    Like

  2. Toortsie · October 24, 2016

    En hierdie sin sê alles: “My taak is nie om te vergeld nie maar om die lig uit te dra.”

    Like

  3. Anita Schutte · October 24, 2016

    Ai Leonette, wat ʼn wonderlike les nie vir ons almal nie!

    Groetnis,

    Anita

    Like

  4. Mariette · October 24, 2016

    Dankie vir ‘n lekker stukkie aanmoediging vir almal van ons wat gedurig verlies het aan aardse goed te midde van ‘n krom en verdraaide S A.

    Like

  5. Giepie Peens · October 25, 2016

    Dis ‘n uitdaging om te midde van die stukkende wêreld so ‘n ligdraer te wees! Sterkte.

    Like

  6. Jonada Smit · October 25, 2016

    Dankie Mamma….

    Like

  7. Elna Bekker · October 29, 2016

    Ag ek lief hierdie storie… En die vrede wat defnitief nie van die wêreld is nie, wat om my Christen-vriend se skouers hang.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s