Oom Jacob Olyn, die swerwer

L1150254

Oom Jacob Olyn is ‘n swerwer. ‘n Bekende gesig in Vanwyksvlei. Sit gereeld sommer net op ‘n dag langs die pad of voor die koöperasie. Altyd op pad êrens heen, wagtend vir sy lift. Praat altyd van Kokkie wat hom gaan kom oplaai Carnarvon toe of met wie hy saamgekom het vanaf Carnarvon.

Oom Jacob is blind. Hy lyk nie verslons nie. Is altyd netjies aangetrek en die twee komberse en reissak wat hy met hom saamdra is altyd skoon en netjies. Niemand weet waar hy bly en of hy familie het in Vanwyksvlei nie.

Oom Jacob het ‘n mank voet, maar hy swerf immer. Glo kinders wat hom eendag onder die klippe gestook het en sy hakskeensening afgegooi het

Oom Jacob is altyd honger. As ek met hom gesels sal hy altyd vra vir ‘n broodjie; baie beleefd en altyd baie dankbaar vir wat hy kry, met die belofte om my te betaal as hy sy geld kry.

Oom Jacob ‘pay’, soos die mense hier rond sê – wat beteken hy kry ‘n Sassa-pensioen. Maar hy het nie ‘n ID-dokument nie. Sou iemand namens hom sy uitbetaling kry en namens hom dit uitleef?

Oom Jacob is ook altyd op pad kliniek toe om die dokter te sien, al is dit op ‘n Saterdag as die kliniek nie oop is nie. Hy wag altyd vir die dokter: “Nee, my klei’nooi, die dokter kom glo eers môre, so ek loop maar net weer om langs die pad te gaan wag tot môre. Kan tog nie in die dorp bly nie. Hier vat hulle net mens se goed.

Oom Jacob kom van Prieska, waar hy glo op ‘n plaas gewerk het totdat hy nie meer kon sien nie. Soms praat hy van sy dogter op Douglas wat op pad is om hom te kom haal.

Sou oom Jacob dalk ook eendag weer kan sien soos Jan Barend, as hy ook ‘n katerakverwydering kan ondergaan? Mens wonder wat hy moet doen om te kan kwalifiseer daarvoor. Mens wonder maar…

Advertisements

2 comments

  1. Anita Schutte · August 8, 2016

    Hallo Leonette, ai daar is só baie sulke hartverskeurende gevalle, wens daar kom ‘n uitkoms … vir almal!

    Geniet julle winter daar op die vlaktes. Ons het eers in Augustus rêrig winter gekry en nou is die dae alweer beter.

    Liefde groete van huis tot huis, (klink nou soos die oumense van weleer.

    Anita

    Like

  2. Mariette · August 16, 2016

    Ek hoop ons kry ‘n vervolg met ‘n happy ending.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s