Van Bode tot Meester

 

Koos Waterboer lewer vir 30 jaar pos af op Vanwyksvlei met sy bicycle. Maar tans staan hy al vir 11 jaar in die skoene van die posmeester van die dorp.

Bekwaam, vriendelik, hulpvaardig. ‘n Man van integriteit wat nie om dowe neute nie spog met ‘n toekenning vir uitstekende klieëntediens wat hy in 2011 in Bloemfontein in ontvangs geneem het– skaars 6 jaar na sy aanstelling as posmeester. Want klieëntediens is sy passie en goeie menseverhoudinge sy gawe. Dis klein goedjies wat tel. Geringe dade van opoffering en dienslewering wat ‘n groot verskil maak. G’n wonder nie dat die Poskantoor by verre die een instansie op die dorp is waar dinge klopdisselboom bedryf word.

L1150589

Na skool begin Koos, wat ‘n boorling is van Vanwyksvlei, as posbode te werk. Dit behels dat hy help pos sorteer en dan die aflewering van huis tot huis uitvoer. Elke huis op hierdie dorp, elke inwoner ken hy nog steeds! Hy vertel hoe hy naderhand die handskrif op die koeverte herken tydens die sorteringsproses. Hoe hy presies weet het wie ontvang watter pos vanaf watter dorp. “Mense se vreugdes en hartseer het jy saam met hulle beleef as ‘n telegram afgelewer moes word, of as iemand al lank gewag het vir ‘n spesifieke posstuk” vertel Koos.

“Daardie dae was ek fiks van elke dag se fietstrap. Maar toe was ‘n werksdag teen vyfuur verby as elke possak leeg is. Vandag is dit veel anders. Ek kan die poskantoordeur nie agter my sluit as al die  voorraad nie klop, en al die boeke nie afgesluit is nie. Want môreoggend kan ‘n ouditoffisier saam met my hier instap en als moet kan klop. Ek bly maar altyd op my tone vir onverwagse inspeksie. Alles moet dan balanseer. So, ek kan nie ‘n dag afsluit as als nie in orde agtergelaat word nie, al neem dit ook hoe lank.”

L1150593

Kylinn en Andrea, wat onder Koos se bekwame leiding die Poskantoordinge laat klop.

 

 

Ja, saam met die voorreg van so ‘n posisie, kom die verantwoordelikheid. Koos vertel dat sy aanstelling ‘n groot verrassing was toe die pos vakant geword het. Teen daardie tyd het hy egter geweet wat die pos behels omdat hy dikwels waargeneem het as die vorige posmeester nie daar was nie. Tog gaan hy dikwels deur nuwe opleiding, soos toe als vanaf handgeskrewe kwitansies oorgeskakel is na gerekenariseerde stelsels. Die uitdagings om by te bly met veranderende omstandighede is steeds daar.

Koos is ‘n man van statuur. Hy is van kindsbeen af ‘n lid van die Volle Evangelie Kerk in die dorp. As oudeling in die gemeente neem hy gereeld preekbeurte waar in die afwesigheid van ‘n permanente pastoor. Sy groot ambisie is om homself nog te bekwaam as pastoor. Sy lewensfilososfie is eenvoudig – wat mens in die lewe insit sal jy uitkry. So loop hy maklik ‘n ekstra myl en word hy nie sommer kwaad vir ‘n onregverdige klieënt nie. Inteendeel, hy probeer eers die klieënt se standpunt of motief verstaan voordat hy reageer omdat verhoudings vir hom baie swaar weeg.

L1150579

Koos trou met ‘n meisie van Vanwyksvlei en saam sien hulle al vier hulle kinders deur skoolopleiding. Hulle beklee ook alreeds die status van grootouers. “Hier sal ek bly. Al tree ek ook eendag af wil ek graag my lewe hier slyt. Daar’s geen ander plek in die wêreld waar ek begeer om te bly nie. Vanwyksvlei is my plek.”

Advertisements

2 comments

  1. Franlie Lexow · July 21, 2016

    En daar leer ek toe ‘n groot lewenswaarheid ( eintlik ‘n hele paar). Dankie

    Like

  2. Anita Schutte · July 21, 2016

    Dankie Leonette, wens daar was meer sulkes in ons land!

    Dit gaan goed, groetnis van huis tot huis,

    Anita

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s