Om te kan basaar

 

Weersiens van ou vrinne en gemeentelede. Soengroete soos van ouds. Omhelsings. Hartlike gelag. ‘n Klap op die blad, hoed in die hand. Hoe-gaan-dit-nog’s en Kannie-kla-nie’s. ‘n Kop naby ‘n oor wat instemmend knik. Bulderende geskater.

Ysige oostewind wat saam met hordes voete by die hoofdeur inbeur. Die gesis van gasstofies. Die lokkende geur van kaneelsuiker. Klinkende munte en klaterende potdeksels. Kinders wat jil en gil en kla en smeek vir nog ‘n geldjie. Basaarpoeding met ‘n plastieklepeltjie saam met oggendkoffie. Hande wat solank ‘n artikel reserveer totdat die uitruil van note die transaksie beklink. Kleingeld wat val en rol.

‘n Afslaers se stem wat getuig van die koue buite. Rook wat dwarrel in alle rigtings – die braaivleisgeure wyd vesprei soos ‘n riemtelegram. Manne met braaitange wat nie kan voorbly om die lang tou mense te bedien nie. Volgepakte mandjies wat kar toe gedra word. Koeke en terte onder dreursigtige koepels wat versigtig geposisioneer word. Mandjies vol beskuit en kleinkoekies wat soos ‘n kosbare kleinood langs stoele bewaak word. Arms vol vakuumverpakte vleispakke wat weggedra word.

Tee- en koffiekoppies by dosyne wat bedien en weggedra word. Voete wat nie meer kan staan nie. Voorskote en vadoeke. Geldtrommeltjies wat swel. Oorverdowende gedreun van stemme.

Sosaties vir ontbyt saam met ‘n skyf sjokoladekoek of jellie-en-vla. Navrae. Uitroepe. Bedankings. Mededelings. Beloftes. Groetes. Die warm weerklank van gulhartige gesprekke.

‘n Kerkbasaar se sukses word nie gemeet aan die bedrag wat by die bank inbetaal word op die kerk se rekening nie. Dit word weerspieël in die gemoedere. In die verhoudings wat gebou is oor dae en weke van voorbereiding. In die ruimhartigheid van mense wat teruggee nadat die bod toegeslaan is. In die gemeensaamheid wat tasbaar voor jou oë vorm aanneem. In die gemoedelikheid wat die atmosfeer inkleur. In die positiewe gesindheid van vriend en vreemdeling om te gee. En te gee.

Om suksesvol te kan basaar is ‘n barometer van ‘n gemeente se gesindheid. Se gesondheid.

Advertisements

6 comments

  1. Ria Jacobs · July 6, 2016

    Ai, hoe verlang ek nou!

    Like

  2. Elna Bekker · July 6, 2016

    Ag hoe lus het ek nou vir daai jellie, en vla met die plastiek lepeltjie, en die warm kuier!

    Like

  3. Denelsha Strydom Vermeulen · July 6, 2016

    Ek sal darem nou kan doen met sosaties en Karoo vleisie…

    Like

  4. Adriaan Snyman · July 7, 2016

    Goeie tye! en goeie mense! Daar is sekere dinge in die lewe wat verewig by mens sal bly. Groete! A

    Like

  5. Anita Schutte · July 8, 2016

    Voel of ek daar was!

    Groete,

    Anita

    Like

  6. Mariette · July 10, 2016

    Lekker gekuier.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s