‘n Opvolg op Jan se Goedvoelstorie

 

IMG-20160623-WA0003

Johan, Jan en Tilla saam met Elmo en Machiel van Clocolan

 

 

 

Moses kry sy opdrag van God by ‘n braambos. Gideon by ‘n dorsvloer. En Elmo by sy radysland.

Dáár lê God die name van Jan en Tilla La Grange van Vanwyksvlei op sy hart. Daardie aand om 9, stuur hy ‘n Whats App-boodskap aan die groeplede van hulle boerevereninging: ”Ek ry met ‘n vrag voerbale Vanwyksvlei toe.” Teen 11 uur het hy nie net 4 vragte voerbale nie, maar twee trokke met sleepwaens, vyf-en-‘n-half ton sakke voerpille en sout, ‘n skenking van diesel vir albei trokke en geskenke in die vorm van pamperlanggoed vir die La Granges. Om 11:13 ontvang Tilla ‘n epos vanaf Elmo: “Ons kom, julle moet net uithou maar ons kom en bring vir julle voer.” Tilla is te aangedaan om sy e-pos te beantwoord.

Dis omtrent half 5 op ‘n Saterdagmiddag. Die trokke, elk met ‘n sleepwa, met Elmo en sy broer Machiel aan die stuur bereik uiteindelik veilig hul bestemming.

Dis ‘n aandoenlike oomblik. Dis mooi om te sien hoe boere mekaar hand gee, hoed in die hand, harte vol dankbaarheid. Die trokke word die plaaswerf ingelei.

Jan, so opgewonde soos ‘n jongman by sy eerste ryding en Tilla, so tranerig soos ‘n ma by haar oudste se troudag, ontvang die trokke op De Bruinsrus. Die plaaswerkers staan al van vroegmiddag af die trokke en inwag. Die skuur is skoongemaak vir die kosbare vrag.

Die groot aflaai begin. Elke beskikbare persoon sit hand by om voor donker die vrag afgelaai te kry.

Elke storie het ‘n aanloop. Tilla vertel dat sy Elmo en Machiel se ouers (wat vir haar kinders in Kroonstad skoolgehou het) in Bloemfontein raakloop toe sy haar tannie, Petro Oberholzer, soontoe neem vir ‘n lensoorplanting. Daar kon hulle weer op hoogte kom van mekaar se omstandighede. Kon hulle hoor van die droogte wat sommige boere in die Karoo steeds in ‘n knellende greep het.

Elmo is ook hard geslaan deur die droogte. Maar vir hom het daar reeds uitkoms gekom. Dit het goed gereën in Clocolan en sy weiding is aan’t herstel. Sy Japanese radysland wat hy aangeplant het vir beesvoer staan juis en juig met bultende vrugte. Kontant het hy nie, maar voerbale (wat hy nie meer so broodnodig het nie) het hy wel. So hoor hy sy Meester se opdrag.

Ek sing saam met die Griekwapsalm:

Daar is ‘n Jeer in die jimmel,

Hy sôrre vi ons,

Hy sôrre vi ons.

Want nie lank terug nie, toe die eerste skenking van die vreemdeling uit Melkbosstrand aan die La Granges nog net ‘n herinnering was, kom twee trokke vol mielies vanuit die noorde. Hulle verdwaal en beland in Vanwyksvlei. Besef hulle fout en draai om. Ry terug Prieska se rigting. ‘n Ent verder, deur ‘n skerp dippie, glip die agterste trok se flap oop en skenk mielies vir kilometers.

Rudie, juis op pad vanaf Prieska, sien die gemors op die pad wat net aanhou en aanhou. Stop om ondersoek in te stel. Sien dis kosbare mielies. Bel vir Jan: “Bring sakke en grawe en helpers – hier lê ‘n skenking vir kilometers…” Nou is ook daardie ‘skenking’ reeds totaal uitgeput. En toe kom Elmo se opdrag van Bo.

Sê nou net vir my daar is nie ‘n Jeer in die jimmel wat sôrre nie. En ek bewys jou verkeerd.

L1140610

Jan en Tilla, vol verwondering oor hoe die Here te werk gaan met sy kinders.

Advertisements

3 comments

  1. Anita Schutte · June 25, 2016

    Hallo Leonette, ai wat ‘n geseënde storie! Amen op Sy genade.

    Anita

    Like

  2. Elna Bekker · June 26, 2016

    Ek het trane in my hart! Van jubeling. Dit is soooo kosbaar. Soos Willemien Olivier sê: “Ons moet roekeloos glo!”
    Dankie dat jy dit deel, want dit laat mens moed skep, dit bevestig keer op keer dat die wat op die Here wag nooit leë hande [of harte] gelaat word nie. Dit bevestig vir my persoonlik ‘n gebed wat niks met boerdery en honger vee te doene het nie. Doen so voort. – Jy hoor ook Sy stem!

    Like

  3. Franlie Lexow · June 27, 2016

    Ja daar IS ‘n Here in die Hemel xxxx

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s