‘n Opvolg van Sina se Verdwaling

 

 

Op 15 Desember 2015, stuur ek die verhaal van Sina se Verdwaling via my blog die wêreld in.

In Stellenbosch sit Elza in haar kantoor by Spier voor haar rekenaar. Sy sien die storie op my fb-blad.

In dieselfde kantoor sit Marina, Elza se kollega, en ontvang terselfdertyd dieselfde storie vanaf haar tannie wat sy op die Karoogroep raakgelees en aangestuur het.

“Elza, dit moet jou ma wees wat hierdie geskryf het.”

“Dis sy, ja. Ek het dit ook nou net gelees.”

“Vra vir jou ma of dié Daniel waarvan sy vertel, se van Vermeulen is – ek dink sy praat van my boetie…”

Daniel en Marina het dieselfde van – Marina uit haar pa se eerste huwelik en Daniel uit sy pa se  tweede huwelik. Hulle pa is reeds 11 jaar gelede oorlede. Oom Daan Vermeulen, vir wie Daniel tans hier in die omgewing van Vanwyksvlei boer, is dus albei van hulle se oupa. Daniel en Marina sien mekaar in 2009 laas op hulle oupa se 80ste verjaarsdag.

Met Vadersdag op hande, kom kuier Elza en Marina die naweek vanuit Stellenbosch – Elza by ons en Marina by oupa Daan en ouma Susan op die plaas duskant Carnarvon.

L1140646

Marina, Oupa Daan en Elza

 

 

Dis die eerste keer sedert haar pa se dood dat Marina weer op haar oupa se plaas kom. Haar pa se kleintydse spore lê nog hier. Soos wat Oupa Daan met haar deur die plaas rondry, wys hy vir haar haar pa se handewerk uit. Goed wat hy gebou het. Opgerig het. Aangeplant het. “Die truksvylaning het hy self nog vanaf saad aangeplant. Die naambordjie van die plaas self opgerig”.

Sy monumente staan steeds.

Daniel en sy vrou Marie sluit by hulle aan op die plaas vir ‘n goeie ou familiebraai.  Dis Marina en Marie se eerste ontmoeting met mekaar en dis ‘n goeie ontmoeting. Die wêreld is inderdaad klein, want nou is daar meer as net kollegaskap wat Marina en Elza aan mekaar verbind – Marina se skoonsus, Marie, en  Elza se swaer, Andries (Leonette se man) is eie neef en niggie .

Dis altyd goed as familie weer by mekaar uitkom. Dankie Sina Witbooi as jou verdwaling iets daarmee te doen het…

IMG-20160620-WA0011

Die Vermeulens

Advertisements

10 comments

  1. Keith Eksteen · June 21, 2016

    Ek het oom Daan leer ken in 2013..was by sy plaas die middag…was glo Eksteen grond in 1920s..Baie lekker gekuier En bel oom Daan nog elke jaar as hy verjaar..Hulle het ook n mooi gastehuis in Carnarvon..

    Like

  2. Denelsha Vermeulen · June 21, 2016

    Hoe na aan my hart en siel is die storie…. Ek sit skelm in my kantoor en lees en die trane loop so dat ek eers die deur moet sluit vir ingeval iemand inkom en my só sien. Ek is Daniel se ma….

    Like

  3. Denelsha Strydom Vermeulen · June 21, 2016

    Ek maak my epos oop en sien my mense! Gou moet ek die kantoor deur toemaak ingeval iemand inloop en al die trane sien! Ek is Daniel se ma en Marina was my enigste dogter wat ek bygekry het toe sy 5 jaar oud was. Die dood kan soms so wreed wees en alles so verander…. My hart jubel oor die weersiens van boetie en sussie. Dankie vir ONS storie Leonette

    Like

    • Leonette Smit · June 21, 2016

      Liewe Denelsha, nou is ek eers bly dat ek deurgedruk het met die storie. Dit was maar sensitiewe inligting wat ek versigtig moes aanbied twv Daniel en Marina.

      Like

      • Denelsha Strydom Vermeulen · June 22, 2016

        Leonette, ten minste het ons nooit mekaar verloor nie maar altyd presies geweet waar die ander een is en kontak gehad. Marina kon ongelukkig nie Marie en Daniel se troue bywoon nie so dit is maar omstandighede dat almal mekaar min sien. Ek is so dankbaar dat sy vir oupa kom kuier het!

        Die toeval hoe klein die wereld eintlik is verstom mens! Elza se kuier het dit weer makliker gemaak.

        Dankie vir die Vanwyksvlei en Carnarvon stories. Ek geniet dit so baie en ek kan my met elkeen vereenselwig.

        Like

  4. Anita Schutte · June 21, 2016

    Voorwaar ʼn mooi storie … voel amper soos familie!

    Wees geseënd, groete aan almal wat kom kuier in die koue.

    Anita

    Like

  5. coetzee2014 · June 21, 2016

    End goed, alles goed, sou ouma gesê het. Mooi storie, dankie.

    Like

  6. Franlie Lexow · June 22, 2016

    Wonderlik. Familie is SO kosbaar!!

    Like

  7. Elna Bekker · June 23, 2016

    Vir my is die heerlikheid van jou stories nie die kleinheid van die wêreld nie, maar die Groot Hand wat alles inmekaar laat vloei soos ratte van ‘n baie goed georganiseerde lewens-masjien. Niks gebeur toevallig nie! Dankie dat ek deur jou al hierdie mooi kan beleef! Elza het vir my so pragtig geword. – Uniek soos elkeen van julle kinders.

    Like

  8. Leonette Smit · June 23, 2016

    Ja Elna, as mens se oe eers oopgegaan het vir sy werking, dan verlustig jy jou in die pragtige samevloei van gebeure, sy tydsberekening en sy groter plan met klein insisdente. My volgende storie is juis is bewys daarvan…

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s