Warm onder die kraag

Nie dat daar eintlik krae te siene is nie, behalwe dié van ons geagte posmeester, Koos Waterboer, wat gekraag en gedas die openingsgebed waarneem. Die res, nie eens die amptenare van SKA wat die vergadering aanbied, toon veel krae nie. Warm byvoorbaat, ten spyte van die Meimaandkoeligheid, daag meeste inwoners by die vergadering op. Gereed om te baklei. In die regte gemoedstemming danksy daai happie vooraf. En nou praat ek nie van die sop wat gratis uitgedeel word by aankoms en registrasie nie.

Final SKA LOGO 2010 Paths:White Text

Karoo Sentraal Sterrekunde Aangewese Areas

Die vergadering word belê deur KSSAA (Karoo Sentraal Sterrekunde Aangewese Areas) en is wyd bekend gemaak deur die media. Carnarvon, Brandvlei, Vanwyksvlei en Williston word besoek deur amptenate van SKA om mense in te lig, hulle griewe aan te hoor en antwoorde op hulle vrae te gee. Bekwame amptenare gee toeligtings met power point aanbiedings. ‘n Jong vrou tolk die toeligting vanuit Engels na Afrikaans, die vrae vanuit Afrikaans na Engels en die antwoorde weer terug vanuit Engels na Afrikaans. Sy beïndruk. Sy moet oor ‘n grondige kennis nie net in tale beskik nie, maar in ook wetenskap, tegnologie en die menslike siel. Want die knap manier waarop sy onseker vrae interpreteer en vertolk, sonder om die vraagsteller se selfbeeld aan te tas en die spoed waarteen sy dit doen en dat sy als wat gesê is chronologies onthou, verbaas mens.
Die saal sit tjok en blok. Jonges maak plek vir oueres. Reg rondom die saal is elke denkbare spasietjie ook opgeneem deur mense wat te laat is vir ‘n sitplek. Daar’s nie ‘n venster oop nie. Kindertjies sit die hele vloerspasie vol. Selfs die tweetjies wat so effe vanmiddig nog by my ‘n broodjie kom vra het, merk ek ook op – waar daar iets uitgedeel word, kom die mense en al hulle huismense en dié se mense. Almal. Want ‘n gratis wegneemaandete lê nog voor na die vergadering.

SKA-MID1-layout-640x371[1]
Die rede waarom hierdie gebied in die Noord-Kaap aangewys word vir die oprigting van die reuse SKA-teleskoop en ‘n paar duisend skottels, is omdat dit, volgens 8 jaar se navorsing, die gebied is wat die ylste bevolk is met die minste nywerheidsbedrywighede wat inbreek kan maak op die radiofrekwensies wat die skottels moet opvang. Die droë klimaat en hoogte bo seespieël van hierdie deel van die Karoo maak dit ideaal. Verder is die topografie van hierdie gebied sodanig dat dit ‘n ideale buffersone bied binne ‘n kom, gevorm deur die Kareeberge (Krieberge in die volksmond).

akaroo-02[1]
En dis juis dáár waar die stok die speke tref. Want 36 plase gaan uiteindelik oorgeneem word om hierdie byna 118 000 ha aarde beskikbaar te stel vir, buiten die MeerKAT-teleskoop wat reeds opgerig is, die derduisende ander skottels wat daarvandaan gaan uitkring . 26 Plaasboere en hulle werkers word geaffekteer. Aangrensend tot hierdie aangewese area lê 32 ander plase wat nou blootgelê gaan word aan teistering van ongediertes wat nie beheer kan word binne hierdie gebied nie. 3 Spirale van 30m breed swaai vanuit die aangewese gebied uitwaarts waarin nog 7 ekstra skottels in elke spiraal (altesaam 21) geïnstalleer gaan word en waarop serwitute verklaar gaan word, affekteer ‘n verdere 71 plase.

1024px-SKA_overview[1]
Die SKA-teleskoop is ‘n radioteleskope wat ‘n gebied van sowat een vierkante kilometer opvangsgebied gaan beslaan. Dit word bedryf oor ‘n wye reeks radio frekwensies om seine van die buitenste ruim in te samel ten einde  o.a. vrae oor die oorsprong van die heelal te prober beantwoord. Vanweë sy grootte, sal dit 50 keer meer sensitief en 10 000 keer vinniger as die grootste teleskoop tans ter wêreld. Radiogolwe sal opgevang kan word wat miljarde ligjare vanaf die aarde uitgestraal is. Data meer as 100 keer die wêreld se internetverkeer sal verwerk kan word. Optiese kabels wat maklik twee keer reg rondom die aarde sal strek, moet hier gelê word. Die sentrale rekenaar sal dieselfde hoeveelheid data per dag hanteer as wat 100 000 000 persoonlike rekenaars tesame per dag kan verwerk. Een dag se data sal 2 miljoen dae vat as dit teruggespeel sou word op ‘n ipod. Sou daar byvoorbeeld lugverkeer bestaan op ‘n planeet wat 10 ligjare ver van die aarde af is, sal die teleskoop dit kan opvang, so sensitief is dit.

13585685625_cd5086b8c2_m[1]
Derhalwe sal die 11 000 inwoners van hierdie omgewing toegerus moet word met nuwe tegnologie wat hulle in staat sal moet stel om steeds telekommunikasie te kan bedryf en internet data te kan gebruik, sonder dat die elektromagnetiese seine die projek sal beïnvloed. Ons word almal alreeds gratis voorsien van antennas en bokse om steeds ons TV’s te kan gebruik sodra die TV-uitsendings teen einde Junie oorskakel van analoog na digitaal. Paaie en infrastruktuur sal geskep moet word wat sekerlik werksgeleenthede inhou.
Dis duidelik dat die hele SKA-projek ‘n reuse inspuiting is vir hierdie afgeleë gebied en sekerlik dié grootste weteskaplike en tegnologiese projek is van die 21ste eeu. Vir elke R14 wat Suid-Afrika insit in die projek word R86 deur die ander 10 lidlande wat hierby betrokke is, gegee. Skole, onderwysers en individue is alreeds bevoordeel deur die installering van rekenaars, deur opleiding en die toekenning van beurse. Maar nie almal is so ingenome daarmee nie. Daar’s mense wat negatiewe invloede soos bestraling vrees. Te oordeel aan die aanvallende wyse waarop sommiges hulle vrae rig aan die amptenare, is hier vanaand ontstuimige gemoedere wat aangespreek moet word. Party vraagstellers bly klou aan die mikrofoon sodra hulle ‘n geleentheid kry om te praat. Hulle wil net so min afstand doen van daardie magiese apparaat wat hulle ego laat eskaleer, as wat hulle afstand wou doen van die bottel voor die vergadering. Hoe later hoe kwater.
Ontevrede boere is so boos oor die impak wat die hele projek het op hierdie gebied se unieke landbougrond dat hulle ‘n forum, die KBF (Kareeberg boereforum) en ‘n webblad gestig het. Hulle staan saam om te baklei teen die afneem van hulle familieplase wat al geslagte lank in hulle besit is. Voorheen is slegs twee plase, Losberg en Meysdam deur die staat oorgekoop vir die eerste fase van die projek. Van die res van die 36 plase is slegs 2 reeds oorgeneem teen byna R100 p/ha minder as waarvoor die eerste plase aangekoop is. Meer as die helfte van die boere weier amptenare toegang tot hulle grond om evaluasies te doen ten einde ‘n prys vir die plaas en ‘n bedrag vir die verskuiwing vanaf die plaas te bepaal. As die boere nie hulle samewerking gee nie, staar hulle onteiening van hulle plase in die gesig. Dit het boere vroeër jare reeds hier beleef toe die gebied bekend as Alkantrand as ‘n militêre toetsterrein geoormerk is.

015[1]
Die probleem is nie ‘n maklike een nie. Waar huisves mens weer 26 boere met al hulle plaaswerkers en dié se gesinne? Waar vind mens nuwe plase met weiding vir nagenoeg     21 000 ooie? Daar is net nie nog sulke grond hier beskikbaar nie. Meeste van die boere is nog te jonk om te dink aan aftree. Om elders in die land ‘n nuwe plaas te loop soek wat hulle sal kan bekostig met dit wat die staat hulle aanbied vir hulle grond, is hoogs onwaarskynlik.

Dit beteken ook dat die gemeenskap daardie hoeveelheid mense gaan verloor voor die einde van 2017.

En die kwynende gemeente daardie getal lidmate.

En dan?

(N.S. Graag gee ek met dank erkenning aan Lorenzo Raynard van SKA wat aan my vergunning gebied het om foto’s vanaf hulle webblad te gebruik)

 

12 comments

  1. Michael Smorenburg-Author · May 21, 2016

    I love the idea of the SKA and what it will deliver to us, and I have huge sympathy for those directly impacted. I have friends with a farms right in the path of this, so I do understand the issues and problems.
    For my part, I wrote a novel about it “A Trojan Affair” – soon to be a movie – http://www.SKA-at-Carnarvon.com #skaNOVEL

    Like

    • Leonette Smit · May 22, 2016

      Hi Michael, congratulations! To have a book written, and a movie to be made on that, is indeed a huge achievement. Can’t wait to read it and to see the movie. Indeed an timely plot for a novel!

      Like

      • Michael Smorenburg · May 23, 2016

        Thanks Leonette
        To give a more thorough explanation of my position – do see here:

        Hello Folks
        I am a city boy who grew up on the Atlantic Seaboard of Cape Town. Indeed, my grandfather – who was dirt poor and fresh from Jo’burg took a council job in 1918 – was sent to the most undesirable little camp site to make it into a suburb. He was given a gun (I jest you not – to shoot sharks – and I have boxes of news cuttings doing just this) and a spade…. he put in the stairs and roadways, cut up the plots and kept law and order like a sheriff until 1955 when he retired.
        They were so poor that they lived off the sea. My dad was born there and so was I. I love this place till it hurts. In 1995, married to an American, I moved to California where I did very well in business – but after 8 years of yearning, I returned to my relatively ‘ordinary’ life and have never been more happy.
        But the place of my birth and my birthright to the bounty of the ocean is also gone. The ordinary middle class families who raised children in small bungalows are replaced by mansions that stand locked for most of the year, because the only people who can afford to live there are foreigners… The place is ploughed under concrete and ego… the place is a suburb called “Clifton” in Cape Town. It is still there, but not the same.

        As a child my parents had many friends on farms and my greatest memories were visits and weeks of being on the land. This is what brought me home – Africa. I am African.
        Whenever I get a chance I go to the Cederberg or other wide open space to celebrate life and my good fortune to have been born in paradise.

        I am fiercely patriotic… or used to be… It has become increasingly confusing to decide what I’m patriotic to… what with the shenanigans of power and the way the Boks sometimes play!

        So… things change. I and we all hate it.

        I don’t know what the answer is. For better or for worse, we live in a global village. Our progress as a species has many negatives – but there is a trend through our technology that generally improves prospects… yes… and we also lose along the way.

        Now… I love to write – it is a habit. I have written books and countless articles on business and sailing and other things.

        I admit that I do love science. And I am intrigued by religion and fundamentalist religion’s reaction to science.
        The reason I bring this last point up will be clear in a second:

        Being a lover of science, when in 2008 I heard about the SKA (your legitimate grievances notwithstanding – and not understood by us or me then) I was very excited – when we won it in 2012, I was over the moon.

        Every large civil project impacts the folks at the sharp end of the implementation. If a dam is to be built; those in the water’s path lose out – and so it was that it dawned on me that huge tracts of land would have to see all human activity withdrawn (farms being no exception). Farms to us Africans mean roots – and taking our roots away creates drama.
        What a writer seeks is drama in order to tell a story.
        In this initiative I saw a vast story… the SKA (like the Hubble telescope) will become a household name (no matter where they build it)…. so, in it I saw a title that will be carried for the next 20 and 30 years by sheer media buzz.
        But, I asked myself, would an international and foreign audience care if a few dozen or hundred or even thousand farmers with our real or perceived history are displaced from their land? Would that kind of book or movie even raise their eyebrow.
        No.
        They need something they can relate to… And so it was that my fascination with the conflict between religion and science as it is playing out right now in America (the biggest audience for my book and your plight) came to the fore. It struck me then that the SKA will be searching for the origin of the universe… and that this then is ironic in that our rural areas are still the heartland of Calvinism and NGK devotion… and more recently, evangelical efforts..
        Given the bible-belt conflict of America and it’s global audience of interested spectators, I realized that my story had to revolve around this… With the SKA’s unpopularity led by a conflict in doctrine.
        A drama is about individuals in conflict – so that when I sat down to put my thoughts on paper, up popped a character – the son of the first of the foreign scientists to arrive in the Karroo… He has time to kill before he goes to finish a final year at school in Cape Town the following year – and he reckons that the best way to meet new friends is to attend Carnarvon school where he runs headlong into a maelstrom – and becomes the lightening rod for the town’s anger.

        Bear in mind that I wrote this with only a suspicion that there would be some discontent and resistance. Much like James Bond might be in Paris chasing after a maniac with a nuke… and you may see some characterless of Frenchmen that the audience expects to see (even though the French may be nothing like what is portrayed… this is the natue of literature )… this is a similar artistic license that I took; it is necessary to make a good story (it is not a documentary).
        There are protagonists and antagonists – the virtues of the SKA are exposed, the discontent over it is explored (as best I imagined and thought would raise awareness that it is coming).

        In short… for better or worse – the world needs to know that the SKA is really happening – so that hey can have all of they can be given all of the details and then make up their minds on the merits presented to them.

        The vast majority of people will never hear of your plight – because they will never hear about the SKA until it starts delivering. In this regard, you may think of my ‪#‎skaNOVEL‬ “SKA at Carnarvon” as a devise to raise awareness… a platform from which you will have a chance to air your grievances.

        http://www.SKA-at-Carnarvon.com

        Remember – the story mainly explores modernity confronting tradition, religion confronting science – with the SKA being an ideal instigator to achieve this conflict.

        I confirm that the movie rights are sold and plans are unfolding fast.

        https://www.facebook.com/SKACarnarvonBook/?ref=bookmarks

        Like

  2. Chris Myburgh · May 22, 2016

    As plaasseun wat nie meer boer nie probeer ek verstaan hoe die mense moet voel. En ons plaas was nie geslagte in ons familie nie. Vir ons mense van die aarde is die veranderinge wat in die land en wereld nie so maklik om te aanvaar nie. ons weet lewe kom uit die grond en natuur en so ook ons lesse oor die lewe. As daardie naelstring geknip word, treur ons vir altyd. Ek kan teenargumente probeer formuleer waarmee ek myself probeer oortuig waarom vooruitgang en verandering noodsaaklik is, maar as die jakkalse en die bobbejane jou lammers opvreet, veral alle verstaan.
    Miskien moet die boere onderhandel om gehelp te word om ander Karooplase te koop.
    Meegevoel met die deurdruk.

    Like

    • Leonette Smit · May 22, 2016

      Dankie Chris, medelye is omtrent die enigste bystand, want dit lyk asof niemand die verloo[p van hierdie projek nou meer kan stuit nie. My hart bloei ook vir die boere. Die problem met ander Karooplase is dat die wat in die mark is, blykbaar nie die infrastruktuur het om met ‘n soortgelyke boerdery te kan aangaan nie. Dit gaan oor ‘n vervalle postal, oor stukkende grensdrade, gebrekkige behuising vir plaaswerkers, ens. Die boere wat goed gevestig was is moedeloos by die gedagte om van voor af te moet begin.

      Like

  3. Anita Schutte · May 23, 2016

    Dagsê Leonette, ja as alles só uitgespel word is dit ‘n skrikwekkende prentjie … en alles in die naam van vootuitgang.
    Ons bid saam vir ‘n oplossing!

    Groete uit Lyttelton, ag jammer, Centurion,

    Anita

    Like

  4. Willie · May 23, 2016

    Die “warm-onder-die-kraag” is niks nie…
    Die vraag is…?!, “Wat is die voor-en-nadele met so ’n projek wat tot beswil sal dien”.

    Like

  5. Elna Bekker · May 24, 2016

    Deon Kotze se “waar die mens nog nie sy hand oorspeel het nie” het my baie diep laat dink. Deurdink, oordink, oorweeg, dis van die kwaliteite wat in ons mensdom vir ewig verlore is, lyk dit my. Michael Smorenburg kon dit in ‘n boek vas vang, en so die media se aandag aangryp [lees: GELD], maar op mikrovlak, waar die Skepper uitblink sien niemand meer die lig nie. ‘n Depressiewe prentjie van sg. “vooruitgang” ons is besig om van stadig maar seker tot baie vinnig ons mooi ongereptheid en onskuld te verloor. Ja! Wetenskap en sterre en al daai is wonderlik, ek sou self wou sien hoe wonderlik dit als is, maar is dit nie maar klatergoud nie? – Aan die ander kant, niks hier is permanent nie… ons inkluis. Die prentjie wat saam met jou skrywe gaan van die wit tegniese sampioene laat my dink aan die klein samioentjies wat in massa’s verskyn as daar ‘n groot rysmiernes onder gronds is…

    Like

    • Leonette Smit · May 24, 2016

      Dis nou mooi gesien Elna.; die korrupsie van ons aarde onder ons neuse soos ‘n reuse rysmiernes

      Like

  6. Steve Compion. · May 24, 2016

    Diegene wat sulke belangrike besluite neem is gewoonlik nie baie populêr nie, As hul sou wees, sou daar nie vooruitgang gewees het nie en nogsteeds in die 17de eeu geleef het. Daar moet ontwikkeling wees al is dit soms pynlik. Daar sal altyd mense wat skop teen vooruitgang. Ons sien dit daagliks in die samelewing.

    Like

    • Leonette Smit · May 24, 2016

      Ja, dis waar. Dieselfde beswaar is gemaak wanneer ‘n dam gebou moes word en mense moes verskuif word, of toe die Gautrein gebou is. Vooruitgang is nie ons vyand nie. Onaanpasbaarheid is.

      Like

  7. Franlie Lexow · May 25, 2016

    Klein bietjie mense met ‘n hartseer-groot verhaal. Dankie dat jy dit vertel.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s