Jan se goedvoelstorie

Dis Woensdag. Dis middaguur. Jan La Grange eet sy middagete. Die telefoon lui.

“Jan, hallo” antwoord hy soos sy gewoonte is.

“Luister, Jan, watse voer soek jy? Pille, mielies of lusern?” sê ‘n stem onbekend aan Jan.

Jan verstaan nie die oproep nie. “Is hierdie een of ander prang call, of wat?”

“Nee, ek staan hier by BKB in Carnarvon en ek wil vir jou voer koop. Wat verkies jy?”

“Wie praat?” wil Jan nog steeds ongelowig weet.

“Man, dis Kobus Steyn wat praat en ek wil vir jou voer koop. Sê net vir my wat verkies jy; pille, mielies of lusern.

“Dan liewer mielies, as ek mag kies” antwoord Jan huiwerig.

“Kan jy reël om dit te kom afhaal hier by BKB in Carnarvon?”

“Ja, sekerlik. Ek sal reël.”

Die lyn sny af en Jan kan steeds nie glo wat pas gebeur het nie. Die ooie lam nie meer nie. Daar’s nie meer lammers om te bemark nie. Daar’s gevolglik geen kontant meer beskikbaar om voer te koop om die ooie aan die lewe te hou nie. Dis ‘n doodloop straat. En nou hierdie oproep.

Jan loop terug etenstafel toe om vir die ander te vertel van die oproep. Dis steeds te goed om te glo. Jan vat weer sy foon om die nommer terug te skakel. Net toe lui die foon weer. Dis dieselfde stem. “Jan, hier’s 47 sak mielies wat vir jou wag. Dis klaar betaal. Jy kan kom laai as jy gereed is.”

“Luister Kobus, wie is jy? Waarvandaan is jy? Hoekom doen jy dit vir my?”

“Ek is tans in Carnarvon. Kom van Melkbosstrand. Ek en my vrou het ‘n program oor Carte Blanche gekyk en besluit ons wil ook iemand help. My firma, Blue Crane Construction, het pas ‘n stuk werk hier afgehandel by SKA. Ek wil my besluit deurvoer voordat ek terugkeer Melkbosstrand toe. Jy kan net reël met BKB om dit te kom oplaai. Die voer word vir jou gehou. Groete, ou maat, en sterkte vir julle.”

Jan kan dit steeds nie glo nie.

Later bel hy BKB in Carnarvon om net seker te maak dis werklik waar. “Hallo, dis Jan La Grange van Vanwyksvl…”

“Yes, Jan” val die stem hom in die rede, “jou 47 sak mielies wag vir jou. Wanneer kan jy kom laai?”

Daardie Sondagmiddag ry Jan en Tilla oor na Oom JB-hulle, DeBruynsrus se buurplaas, met ‘n deel van die skenking . Almal kry dan ewe swaar…

IMG-20160502-WA0002

5 comments

  1. Elna Bekker · May 2, 2016

    Oeee dit ruk aan my hart! Dankie tog vir daardie soort samaritane!

    Like

  2. elmien2566 · May 3, 2016

    Wat ‘n seën Jan en Tillie dis omdat julle so goed is vir andere dat die seëninge na julle toe ook kom.

    Like

  3. Adriaan Snyman · May 3, 2016

    Nou toe nou! laat ons nog sulke stories hoor!! Whoop whoop!!

    Like

  4. Franlie Lexow · May 16, 2016

    Hoe wonderlik gebruik die Here mense wat bereid is om gehoorsaam te wees!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s