Die Chemie van Goeie CoF₂E₂

 

Woon mens op so ‘n afgesonderde plek in die wêreld soos Vanwyksvlei, staan ek steeds daarby: moenie snoep op goedkoop koffie nie!

Dis ‘n kuns om daardie koppie koffie perfek te brou. Mens kan so gou ‘n goeie boon in sy peetjie in stuur.

Kom ons begin by die boon, want dis waar mens begin. Jy begin níé jou koppie koffie uit ‘n blik of ‘n bottel nie, want daardie kitsmanier het reeds die koffie verkrag deur dit aan hoë hitte bloot te stel, dit so te kook dat dit ‘n ekstrak word, dit dan te vries en op te breek in kleiner yskristalle en dit dan weer te vriesdroog deur dit te verwarm en die waterdeel te laat verdamp. Nee, begin by die boon.

Ek het nog nie sover gevorder dat ek self die koffieboon brand nie. Daarvoor koop ek steeds gebrandes. En tot onlangs, reeds gemaaldes. Want uiteindelik het ons die koffiemeul van ons grensdae weer hier in Vanwyksvlei  in werking gestel.

Elza het met haar laaste besoek aan Port Elizabeth vir ons ‘n pak geroosterde koffiebone van Masterton’s gebring. O, daai geur! Ek ruik weer ‘n rit op teen Russelweg by Masterton’s verby!

L1120431

Daar word beweer dat die koffiebone vanaf die groen stadium gerooster word teen ‘n temperatuur van so 175˚C. Hoe donkerder die boon, hoe hoër was die temperatuur waarmee dit gebrand is. Ek onthou as kind het Oom Faan Voges op Consortmyn ‘n koffieboompie in sy tuin gehad. Ons het die pragtige rooi, ryp koffiebone afgepluk en die soet lagie afgesuig. Die pit weggespoeg. Ek sou wat wou gee om vandag weer by daai boompie te kon staan en ‘n handvol groen bone af te pluk.

Enewil, daai bone word geroteer terwyl dit brand, of in ‘n drom, of op ‘n plaat met openinge waardeur lug van onder af geblaas word wat die boon kan oplig in die roosterproses. Aanvanklik neem die bone die hitte op en later is dit asof dit brand en hitte uitstraal – kompleet soos houtskool dit doen. Brand dit te ver, sit jy net met ‘n koolstof klont. Daarna word dit afgekoel in bewegende lug.

Ons bêre die koffiepitte in die vrieskas om die geur die beste te bewaar. 50 pitte tel ek vir elkeen van ons af en maal dit met die koffiemeul – om dit te hoor en te ruik as daai slingertjie gedraai word, is deel van die vreugde van daardie spesiale koppie koffie.

Of jy dit reeds gemaal gebruik of self maal, moenie die water laat kook nie! “A kettle boiled is coffee spoiled” word gesê. Ek gebruik ‘n Erln Meyerfles met ‘n plat boom. So kan ek presies die regte hoeveelheid kookwater op die koffiemoer giet. G’n gefilter deur papier of geforseerdery met ‘n plunger nie.

4 Minute. Net vier. Dan word die fles geswirl. Dit veroorsaak ‘n draaikolk wat al die moer na onder trek. Nog so ‘n klein rukkie vir die moer om te stabiliseer, en dan skink mens gerieflik sonder ‘n sif want die moer dam op in die hoek van die fles.

Sonder melk en suiker, dankie. Mmmmm. Koffiekapitaal …

Advertisements

8 comments

  1. Manda de Wet · February 28, 2016

    Dankie Leonette, ek weet jy praat waar, het dit eerstehands by jou geproe. Koffie Connoisseur!!! Julle moet ook Sabie vallei se Bushveld probeer!! XM

    Like

  2. Leonette Smit · February 29, 2016

    Dankie. Waar sal mens dit kan raakloop? Uiteindelik ‘n Landbouweekblad gekry met julle artikel. Knap gedaan! Ook gister se onderhoud. Trots op julle!!!!

    Like

  3. Franlie Lexow · February 29, 2016

    Nou is ek darem lus vir koffie, nig. Hoe ver is Van Wyksvlei??

    Like

  4. Anita Schutte · February 29, 2016

    Dít klink fantasties!!!!!!!!!!

    Like

  5. Leonette Smit · February 29, 2016

    Net kort duskant Mafeking. Ek maal solank vir ons elkeen 50 pitte. Kom!

    Like

  6. Elna Bekker · March 2, 2016

    Ek dink nou so aan die treinrit waarop ek so bevoorreg was om met jou te hê. ‘n Piekniek-doek om die borde en koppies. [blik soos dit hoort…] en daai vlessie koffie om al die lekker eet af te sluit. Toe ons in Swaziland gewoon het, het ons buurman oorkant die straat altyd sy eie pitte gerooster, gemaal, en gebrou. Koffie-drink was ‘n ritueel en jy wakker daai gees aan. Dit hoort so.
    Jy is ‘n besonderse mens. Dankie vir die PIT-kos.

    Like

  7. Elna Bekker · March 2, 2016

    Oeee nee nie vlesie nie, asb… Flessie.

    Like

  8. Leonette Smit · March 2, 2016

    My vlesie smag na weer so ‘n rit met padkos en pitkos en als saam met jou

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s