Amptelik in die amp

Op 25 Januarie 1981 word Johan georden as predikant in die NG-Kerk. Sy ma het altyd gespot: “Die dag as jy predikant word, reën dit.” Daardie dag sak die reën uit en verspoel Laingsburg.

21 Februarie 2016 word Johan bevestig as leraar van Vanwyksvlei. Dis sowat 35 jaar en 6 gemeentes later. Dit lyk nie na reën oor die Bo-Karoo nie …

Ds Charl Janse van Rensburg van Vosburg neem die bevestiging waar as konsolent van die Ring. Van ons vriende en familie kan nie die geleentheid bywoon nie, maar die De Wets van Swartpan kom wys gesig op pad Jongensfontein toe en die Moutons van Brits stuur seënwense via die skriba.

L1120318

Ds Plantjie van Vosburg behartig die bevestiging

L1120260

Lekker om weer vir Nico en Manda De Wet van Swartpan te kon sien

Gesamentlik met die bevestiging word daar nagmaal gevier. Wyk 4 se bekwame boere sorg vir die ete daarna in die kerksaal. Tilla en haar helpers dek die tafels met styl en eenvoud. Maak kos uit die boonste rakke. Ons kuier en eet gesellig saam. Ons is nou amptelik deel van die gemeente op Vanwyksvlei. Ingeseën. Ingeburger. Hartlik verwelkom. Die lewe is mooi.

O ja, die groen tabbert is toe gemaak…

L1120363 (2)

6 comments

  1. keith P Eksteen · February 21, 2016

    Veels geluk..welkom in die Bo- Karoo..mag u elke day God se genade liefde En Vrede ervaar

    Like

    • Leonette Smit · February 22, 2016

      Baie dankie. Ons voel onsself reeds tuis en die Vader se liefde en genade dra ons. Dankie vir die mooi wense.

      Like

  2. Anita Schutte · February 22, 2016

    Dagsê Johan en Leonette, ja van my kant ook baie geluk en mag julle geseënd wees, dis maar ‘n groot stap, wonderlike uitdaging, avontuur? , maar gepas vir julle twee.

    Johan jy het mos gesê die Here wou jou nie los nie, wees dus verseker dat Hy sál sorg.

    Leonette jy lyk mooi met die groen tabberd, want dit is spesiaal en met liefde gemaak. Jammer ek kon jou nie te siene gekry het toe julle hier was nie.

    Liefde en seën vir julle,

    Anita

    Like

    • Leonette Smit · February 22, 2016

      Dankie Anita. Ja, daai 3 weke het net te vining verby gesnel vir als wat gedoen moes word!!

      Like

  3. Manda de Wet · February 26, 2016

    Ek kry so lekker hoendervleisie van lekkerte. Jy lyk soos die koningin van Ingeland in daardie groen tabberd, ek soek net na jou septer!!! Ons sien uit na die kuier later en o ja, ek het toe vir Zinta opgesoek soos jy gevra het. Wat ‘n lekker warm mensie (soos almal rondom jou!!)

    Like

  4. Leonette Smit · February 26, 2016

    Ag, jy’s ‘n ster! Zinta dink dieselfde van jou! Ek het so gespook met die kamera om myself af te neem vir die blog, dat my grimering afgesweet en my hare toutjies was. Dis wat…

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s