Tannie Breggie

Tannie Breggie is die oudste lidmaat van die gemeente hier op Vanwyksvlei. As 90jarige is sy ons eerste huisbesoekpunt. Legendaries. As bywoners het sy en haar man desjare op die lande by ‘n boer gewerk. So arm, dat hulle nie hulle twee kinders by hulle kon hou en versorg nie – dié moes in die dorp by familie grootword. Die dogter het ‘n hartprobleem gehad en moes op ouderdom van 14 ‘n hartoperasie ondergaan. Op aanbeveling van die hartchirurg, het Tannie Breggie en haar man op die dorp gaan woon in ‘n huurhuis; “Mevrou, al bly julle almal in een kamertjie en eet net pap, dan vat jy jou kinders by jou en maak hulle self groot.”

Om die huurgeld per maand te kon bekostig, vertel tannie Breggie, het hulle seuns van die lande af ingeneem wat nie in die skoolkoshuis kon aard nie. Vir hulle het sy dan weekliks versorg, en naweke is hulle huis toe. So het Tannie Breggie soms tot 15 seuns op ‘n keer gehuisves. Elke ete is voorsien en sy het gesorg dat huiswerk stiptelik gedoen is. Die skool op Vanwyksvlei het tot by standerd 8 gegaan, so soms was daar seuns van Gr.1 tot Std. 8 op een slag in haar huis. Hoeveel seuns deur die jare onder tannie Breggie se liefde en sorg deurgeloop het, kan sy nie presies sê nie – sy het nooit boek gehou nie.

Later kon hulle die huisie koop en vandag, sestig jaar later, woon sy steeds in daardie selfde huisie. Haar man was lank bedlêend met maagkanker en sy het hom so goed versorg, dat hy by sy sterwe nie ‘n enkele bedseer gehad het nie. Sy het tot diep in haar tagtigs nog daagliks by die handelshuis gewerk en daagliks soontoe en terug gestap. Stap kón sy. Daar word vertel dat sy stof in die jonger vroue se oë gestap het tydens lentelope.

Vandag nog. Sy stap met haar kromgetrekte rug al die pad kerk toe. Sondag na Sondag sit tannie Breggie op haar bestemde plek aan die punt van die bank sodat haar haarnaaldrug mooi in die hoek van die houtbank kan inpas, anders druk die bank hard teen haar pynlike rug. “Maar hoekom bring tannie nie ‘n kussing saam nie?” “Nooit nie, my kind…” Sou dit onbetaamlik wees? Wat wou. Ons het gesorg vir ‘n kussing wat nou permanent op haar plek lê.

Tans stort sy al haar liefde op haar florerende potplante op haar voorstoep uit. Sy praat met hulle, soen hulle en streel hulle elke dag. Al die potte malva’s, magrietjies, ammarillas, varings, monsterplante en skoonma-se-tonge is vandag ‘n toonbeeld van hoe die seuns destyds onder dieselfde liefde in hierdie einste huis gedy het.

Tannie Greggie van 90, ons oudste gemeentelid

Tannie Greggie van 90, ons oudste gemeentelid

Tannie Breggie se liefdestuin

Tannie Breggie se liefdestuin

Advertisements

14 comments

  1. Net Ek · November 5, 2015

    Pragtige inskrywing!

    Like

  2. Petro · November 5, 2015

    Sooo lekker…voel of ek tannie Breggie al jare ken!!

    Like

  3. coetzee2014 · November 5, 2015

    Baie mooi. Lekker gelees. Op baie plattelandse dorpies, is daar byna soortgelyke verhale.

    Like

    • Leonette Smit · November 5, 2015

      Jy ken perdalks ook ‘n “tannie Breggie”

      Like

      • coetzee2014 · November 15, 2015

        Ja, op die meeste plattelandse dorpe is daar iemand wat baie naby is, maar ek dink hulle raak al skaarser.

        Like

  4. Marius En Sandra Hugo · November 5, 2015

    Soos jy se het elkeeen van ons seker so n tannie wat ons ken, maar hierdie tannie se verhaal is so besonders. Mens noem dit sout-van-die-aarde-mense. Hulle is min, yl, nie gesaai nie, maar een-een met die hand geplant! Pragtige mens. Die Here seen!

    Like

  5. monicahaddad01 · November 6, 2015

    Ai nou is ek nuuskierig oor wat van die tannie se dogter geword het/

    Like

    • Leonette Smit · November 6, 2015

      Sy is al kind wat nog lewe, en agterkleinkinders

      Like

      • monicahaddad01 · November 6, 2015

        O ek hou van gelukkige eindes!

        Like

  6. Gewese inwoner van Vanwyksvlei · 4 Days Ago

    Ek post die comment namens die dogter van Tannie Breggie. Volgens haar is die inligting wat jy op hierdie webtuiste geplaas het verkeerd. Tannie Breggie se man het op die afdelingsraad gewerk en glad nie op die lande nie. Kinders het nie van die lande afgekom nie, maar van die plase in die distrik. Die kinders was die plaaseienaars se kinders.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s